Habitatte van diere en plante


  • Waarom dink jy kry mens net sekere plante en diere in sekere dele van die wêreld?
  • Watter verskillende habitatte kry mens?
  • Hoe kies plante en diere waar om te bly?
  • Waarom is die galjoen, bloukraanvoël en springbok ons nasionale diere?
  • Waarom is Proteas en die opregte geelhoutboom ons nasionale plante?

Wat is 'n habitat?


Diere bly natuurlik in spesifieke areas. Verskillende soorte plante groei ook natuurlik in verskillende areas. Plante en diere sal kies waar hulle bly afhangend van die water, kos en klimaat van 'n sekere area. Die fisiese omgewing speel ook 'n rol in 'n organisme se keuse van habitat. So byvoorbeeld verkies plante sekere soorte grond in 'n habitat waarin hulle groei. Jy kan maklik sien as 'n plant nie in 'n sekere area wil groei nie - dit sal klein wees en min blare hê. As 'n plant in 'n area is waarvan dit hou om te groei sal dit groot en sterk met baie blare wees.

Die plek waar 'n plant of dier bly word 'n habitat genoem.

'n Habitat is 'n fisiese area waar plante en diere bly. 'n Organisme se natuurlike habitat het alles wat dit nodig het om te lewe.

'n Poel is die natuurlike habitat vir baie verskillende diere soos visse, voëls, slange, paddas en ander klein soogdiere. http://www.flickr.com/photos/mdpettitt/2517630341/

Kyk na die voorblad van die Lewe en Bestaan-afdeling: die Thunderbolt kids ondersoek 'n habitat! Watter tipe habitat is dit? Noem van die plante en diere wat in die habitat bly. Daar is 10 verskillende diere - kyk of jy hulle almal kan sien!




Die habitat is 'n woud. Die diere is: olifant, haas, skoenlapper, padda, aap, pers loerie, uil, duiker, slang, ruspe. Die plante is: bome, wingerde, varings, sampioene en fungi (dis nie regtig 'n plant nie)



Verskillende habitatte


Daar is baie soorte habitatte waarin plante en diere kan lewe.

  • Party plante en diere verkies om in die warm, droë woestyn te bly. Hierdie plante en diere het nie so baie water soos ander plante nodig nie.
Party areas in die Karoo in Suid-Afrika is semi-woestyne waar plante aangepas is om in droë, warm habitatte te bly. http://www.flickr.com/photos/framesofmind/4875066923/
  • Party diere en plante se habitat is 'n woud of 'n grot omdat hulle koeler, skaduryke areas verkies.
  • In Suid-Afrika het ons baie woudareas.
  • Daar was altyd baie wilde olifante in die Knysnabos in die die Wes-Kaap, maar vandag is daar omtrent niks oor nie aangesien mense 'n klomp van hulle doodgemaak het. Die woudhabitat het ook baie kleiner geword omdat mense in die bos in getrek het en so het die olifante se getalle verminder.
Die plante wat op die woudvloer groei hou van 'n skaduryke en koeler habitat. http://www.flickr.com/photos/garyrobson/520722754/
  • Ander diere en plante kies om langs die kuslyn te bly waar die water en die land bymekaarkom. Dit is omdat hulle 'n nat omgewing verkies, maar ook op die land kan bly.
  • Diere wat langs die kuslyn bly moet sterk liggame hê om hulle teen die golwe te beskerm.
  • Dit is hoekom baie diere se liggame met skulpe of doppe bedek is.

Identifiseer drie diere wat langs die kuslyn bly en wat skulpe of 'n harde gepantserde bedekking vir hulle liggame het. As jy nog nooit by die kus was nie, kies 'n ander habitat naby aan jou huis en identifiseer drie diere uit daardie habitat.



krap, kreef, garnaal, alikreukel, seeslakke, seesterre ens.


'n Rotsagtige habitat by die Knysna-meer. http://www.flickr.com/photos/coda/530101796/
  • Waterplante hou daarvan om in of naby riviere, mere of vleilande te bly.
  • Party diere kies om altyd in die water te bly terwyl ander net soms in die water bly.

Skryf die name neer van twee diere wat altyd in die water bly en twee diere wat net soms in die water bly.

Laat leerders toe om hul gunsteling onderwater diere te noem: visse, walvisse, dolfyne, haaie, pylsterte, robbe ens. Diere wat net soms in die water bly: krokodille, seekoeie, paddas en seeleeu ens.


  • Daar is selfs diere wat in die baie koue areas naby die arktiese pole of baie hoë berge bly. Marion eiland is 'n eiland naby die Suidpool en naby Suid-Afrika. Wetenskaplikes bestudeer diere wat op die eiland bly om meer oor hulle te leer en oor hoe hulle by hul habitatte aangepas het.

Ontdek Habitatte


In hierdie aktiwiteit gaan jy 'n habitat by jou skool vind en die habitat beskryf.

MATERIALE

  • rofwerkpapier
  • potlood
  • knyperbord of iets hard om op te druk wanneer jy teken.
  • Papiervelle om finale sketse te maak.
  • Kleurpotlode of kryte

INSTRUKSIES:

  1. Werk in groepe van 3 of 4.
  2. Jou groep moet 'n habitat by die skool soek waar julle dink verskillende plante en diere bly.
  3. Kyk versigtig na die habitat SONDER om iets te verwyder of te verander aan die habitat. Kan jy enige klein diertjies in jou habitat sien?
  4. Vra een persoon om groot klippe een vir een om te draai dat julle kan sien wat onder die klippe is. Baie klein goggas en spinnekoppe bly onder klippe.
  5. Kyk ook onder bosse en struike vir diere wat dalk vir julle wegkruip.
  6. Maak 'n skets van jou habitat op die rofwerkpapier. Dit is jou rowwe skets. Jy sal jou habitat later in die klas op netjiese papier oorteken.
  7. Teken NET die plante en klein diertjies wat jy in jou habitat sien.
  8. Kyk mooi na die kleure van die verskillende plante in jou habitat.
  9. Gaan terug klas toe sodra jou hele groep hul sketse voltooi het.
  10. Teken jou habitat oor op nuwe skoon papier. Gebruik kleurpotlode om kleur en detail by jou skets te sit.
  11. Gee jou skets 'n opskrif en skryf byskrifte vir die verskillende plante en diere wat jy herken. Julle kan die prente in die klas opsit.

VRAE:

Verduidelik waar die habitat was wat julle groep bestudeer het.



Watter soort habitat het julle bestudeer? Gebruik woorde soos skaduryk, sanderig en nat om julle habitat te beskryf.



Noem die verskillende diere wat julle in jul habitat gesien het.



Was daar enige plante wat julle herken het in die habitat? Noem hierdie plante.



As dit hard sou begin reën, hoe sou dit die plante en diere in julle habitat beïnvloed?
Hoe dink jy word julle plante en diere in die winter beïnvloed? Sal hulle in koue omstandighede kan oorleef? Verduidelik hoekom jy so dink.
Is daar enige skade wat mense aangerig het in julle habitat? As daar is, hoe dink julle kan mens die skade verhoed?


Waarom het diere 'n habitat nodig?


Diere en plante het kos, water en skuiling in hul habitat nodig. Diere het ook 'n veilige plek nodig om kleintjies (babas) te hê en weg te kruip vir roofdiere en ander gevare. Kom ons kyk na van die redes waarom diere 'n habitat nodig het.

Kamoeflering in 'n habitat.

Party diere maak staat op hul habitat om weg te kom van gevaar of om weg te kruip vir die prooi wat hulle probeer vang! Om hulle te help om dit te doen, moet hulle saamsmelt met hul omgewing. Dit word kamoeflering genoem.

Diere gebruik kamoeflering vir twee redes:

  1. Diere gebruik dit om weg te kruip vir roofdiere. Hulle kamoeflering help hulle met ander woorde om weg te kruip van diere wat hulle wil eet.
  2. Diere gebruik dit om weg te kruip vir hulle prooi. Wanneer hulle jag, help dit hulle om ander diere te bekruip sonder om gesien te word.

Diere kamoefleer op verskillende maniere.

Kom ons kyk na diere en hoe hulle hul habitat gebruik om gevaar te ontsnap.

'n Verkleurmannetjie kan sy velkleur verander om met sy omgewing saam te smelt. http://www.flickr.com/photos/wwarby/3895166303/
Die bedreigde westelike luiperdpadda, wat in die Wes-Kaap aangetref word, gebruik kolle om by sy omgewing aan te pas en van roofdiere weg te kruip. http://www.flickr.com/photos/carolune/4278801507/

Vind diere wat wegkruip!


INSTRUKSIES:

  1. Party diere kan baie goed by hul omgewing aanpas. Kyk na die prente hier onder van verskillende diere se kamoeflering.
  2. Omkring die diere in die prent.
  3. Identifiseer die dier en sê hoe dit kamoeflering gebruik om by sy omgewing in te smelt.

As uitbreiding kan jy ook jou leerders vra waarom hulle dink dit nodig is dat diere saamsmelt met hul habititat - is dit om gevaar te vermy, soos 'n roofdier, of is dit om van prooi weg te kruip?

Dier

Beskrywing van dier en sy kamoeflering

Dier

Beskrywing van dier en sy kamoeflering

Akkedis - smelt saam met die rots

Stokgogga - lyk soos 'n takkie of stokkie

Vlieg - lyk soos die bas van die boom

Duiwelsvis - lyk soos 'n rots wat met koraal bedek is.

Jagluiperd - smelt in die gras in

Krap - hulle bedekking en teksture is dieselfde as die rotse waarop hulle bly.

Insekte/gogga - selfde kleur as die blare waarop dit bly.


@@CAPTION Sjoe, dit was pret! My blou hare is nie baie goeie kamoeflering nie, né?


Habitatte van inheemse diere in Suid-Afrika

Suid-Afrika is bekend vir sy Groot 5. Hierdie term verwys na die leeu, luiperd, olifant, buffel en renoster. Baie toeriste besoek ons land om die diere te sien.

Hoe weet hulle waar om die wilde diere van Afrika te kry?

Kom ons help hulle!

Verdeel die klas 'n dag of so voor jy die volgende aktiwiteit doen in groepe. Vra leerders om relevante inligting te kry voor hulle die aktiwiteit gaan doen.Party leerders gaan nie inligting bring nie, of het dalk nie toegang tot die bronne nie. In so 'n geval kan hulle prente van die diere teken, of jy kan 'n paar ou tydskrifte soos die Weg vir leerders gee om op te knip.

Verstaan die habitat van inheemse Suid-Afrikaanse diere


MATERIALE

  • 'n Stuk A2-karton
  • 'n Stuk A4-papier
  • Inligting oor die Groot 5.
  • Prente van die Groot 5 (van ou tydskrifte, koerantknipsels, afgerolde prente)
  • Kleurpenne en potlode
  • Skêre
  • Gom

INSTRUKSIES:

  1. Jy gaan 'n plakkaat maak oor die Groot 5 wat wys waar om elkeen van die diere te vind om toeriste wat Suid-Afrika besoek te help.
  2. Verdeel die klas in groepe van 5.
  3. Assign one of the Big 5 to every group member, so each person in your group of 5 will investigate one of the Big 5 animals.
  4. Elke groeplid moet inligting oor die dier wat aan hulle toegewys is van die huis (of biblioteek) af bring. Hulle moet ook uitvind wat die dier eet, waar dit bly en hoe dit voortplant.
  5. Bring al jou inligting en prente klas toe. As jy nie prente kon kry nie, gebruik potlode en kryte om prente van die Groot 5 te teken.
  6. Beplan as 'n groep die plakkaat wat julle gaan maak oor waar om elkeen van die Groot 5 te vind. Gebruik 'n A4-papier.
  7. As julle klaar beplan het, maak julle regte plakkaat op 'n groter papier. (Onthou die plakkaat moet 'n opskrif hê.)
  8. Doen 'n aanbieding oor julle plakkaat vir die klas.

Besluit hoe jy wil hê jou leerders die plakkate moet aanbied - miskien kan elke leerder 'n deel aanbied oor die dier waaroor hulle navorsing gedoen het.



Wat sou jy vir 'n toeris sê wat wil weet waar om die Groot 5 in hul natuurlike habitat te vind? Skryf dit neer.







Suid-Afrika het vyf diere en plante wat ons nasionale simbole is. Nasionale simbole word gebruik om 'n land te identifiseer.

Hierdie is diere en plante wat in habitatte in ons land en ons see bly.

  • Bloukraanvoël
'n Bloukraanvoël in 'n rivier. http://www.flickr.com/photos/exfordy/2967158255/
  • Galjoen
  • Springbok
'n Springbok wat wei. http://www.flickr.com/photos/mister-e/3052754176/

Kan jy die verskil tussen die habitat van die Bloukraanvoël en die Springbok sien? Skryf van die verskille hier onder neer.






  • Koningsprotea
http://www.flickr.com/photos/col_and_tasha/5648975768/
  • Geelhoutboom

Navorsingsprojek oor Suid Afrika se Nasionale Simbole


MATERIALE

  • boeke en leesmateriaal oor Suid Afrika se nasionale diere en plante.
  • rofwerkpapier om notas te maak.
  • potlode om in te kleur en te skryf
  • karton om 'n plakkaat te maak (byvoorbeeld papbokse)

INSTRUKSIES:

  1. Werk in pare.
  2. Vind soveel as moontlik uit oor die plante en diere wat Suid-Afrika se Nasionale Simbole is deur in boeke te lees of familielede te vra.
  3. Kies twee van die diere en twee van die plante.
  4. Verduidelik waarom hulle gekies is as Nasionale Simbole.
  5. Beskryf elkeen se habitat.
  6. Verduidelik waarom hierdie diere en plante in hul habitat kan oorleef - spesifiek hoe hulle aangepas het om daar te bly.
  7. Identifiseer maniere waarop ons hierdie diere en plante kan beskerm en na hulle kan omsien.
  8. Bied jou navorsing in die vorm van 'n plakkaat aan.


  • Habitat - die plek waar 'n plant of dier (gewoonlik) bly.
  • Daar is verskillende soorte habitatte, soos grasvelde, woude, riviere, die see en woestyn.
  • Diere het 'n habitat nodig vir kos, water, skuiling, om hul kleintjies groot te maak en om weg te kom van gevaar.


Hersieningsvrae


Noem en beskryf twee habitatte waaroor jy in hierdie hoofstuk geleer het.





Antwoorde hang van leerders se keuse af.

Verduidelik in jou eie woorde wat 'n habitat is.



'n Habitat is die plek waar 'n plant of dier bly.

Noem drie diere wat mens in Suid-Afrika kry en die habitat waarin hulle bly.




'n Paar moontlike antwoorde: leeus, sebras, bokke ens. in grasvelde; voëls, vis ens. in die vleilande; slange, arende, knaagdiere ens. in semi-woestyne; bokke, voëls, klein knaagdiere in woude/bosland; miere, voëls, muise, bokke in fynbos.

Kyk na die lys diere in die eerste kolom. Dink mooi oor die tipe dier en wat hulle sal nodig hê in 'n spesifieke habitat. Trek 'n lyn van die habitat in die eerste kolom na die beskrywing in die tweede kolom wat daarby pas.

A) Kaapse Fynbos

1) akkedisse, slange, spinnekoppe, skerpioene, klein voëls, jakkalse, klein bokke, skilpaaie ens.

B) Vleilande in St Lucia (Vlei)

2) groot bokke en selfs olifante, bosvarke, 'n paar ape, baie reptiele, groot varings, hoë bome.

C) Knysna woud

3) watervoëls, waterslange, klein visse, paddas, waterskilpaaie

D) Karoo droë, semi-woestyn

4) slange, klein skilpaaie, klein paddas naby klein poele, suikervoëls, baie bye en skoenlappers, bobbejane, proteas en speldekussings.

A = 4; B = 3; C = 2; D = 1

Dink jy 'n groot brulpadda kan in die Karoo bly? Hoekom sê jy so?




Dit is nie waarskynlik nie - 'n Brulpadda moet in of naby water bly omdat dit in die water voortplant en as daar nie genoeg water is nie, sal dit nie kan voortplant nie en sal dit sterf.