Sisteme waarmee mens in die ruimte inkyk.


  • As ons in die aand na die sterre kyk moet ons wonder of dit al sterre is wat daar is.
  • Hoe weet wetenskaplikes hoe sterre is?
  • Hoekom kan jy nie ander planete sien wanneer jy in die lug opkyk nie, maar daar bestaan tog pragtige naby foto's van die planete?

Teleskope


Die teleskoop is eerste deur die Hollanders ontdek. Baie mense in Holland was matrose en see-verkenners en het daarom hulle teleskope op die see gebruik om te kon sien of die ander skepe wat vêr op die horison was, vyande of vriende was.

'n Teleskoop laat goed wat vêr is nader en groter lyk.

'n Teleskoop is daarom eintlik 'n groot vergrootglas.

Hier is 'n inleiding wat jy met jou leerders kan bespreek: Van die vroegste tye wat mense kon sien en wonder oor dinge, het mense opgekyk na die hemel en gewonder wat die helder goed daar bo is. Hulle kon sien hoe die goed beweeg, maar hulle het nie geweet hoe ver hulle was nie en wat hulle was nie. Hulle het geweet dat die planete anders as sterre is. Die sterre het altd op dieselfde patroon gebly, maar die planete het elke aand nader aan die sterre beweeg en dan verder weg beweeg.

Galileo Galilei was 'n wiskunde professor by die Universiteit van Padua, Italië. In 1609 het hy gehoor dat iemand in Holland 'n teleskoop gemaak en hy het uitgewerk hoe om self een te maak.

Galileo Galilei se teleskoop het so gelyk. Dit kon net 'n klein deel van die lug op 'n slag sien. http://commons.wikimedia.org/wiki/File:Tel_galileo.jpg
Galileo Galilei wys sy teleskoop vir 'n groep wetenskaplikes.

Galileo het sy teleskoop gebruik om na die planete in die lug te kyk en hy het notas gemaak oor wat hy daar gesien het. Hy was die eerste persoon wat Jupiter se mane gesien het. Hy het gesien dat Saturnus ringe het en dat Venus fases soos die maan het. Hy het ook sy teleskoop gebruik om mense te wys dat die melkweg uit biljoene sterre bestaan. Hy het boeke geskryf wat mense geleer het oor teleskope en wat hulle ons in die nag kon wys.

Mense kan nou teleskope koop om self by die huis na die sterre te kyk. http://www.flickr.com/photos/ryanwick/3461850112/

Vandag is daar oral oor die wêreld groot teleskope en hierdie teleskope het kameras wat die lug afneem.

Die foto's van die lug is deur 'n teleskoop geneem. Elke ligpunt is 'n ster.

As jy in Kaapstad is kan jy jou leerders na die Suid-Afrikaanse sterrewag http://www.saao.ac.za/ neem en as jy in Johannesburg is kan julle 'n toer onderneem van die Johannesburg sterrewag. http://www.saasta.ac.za/index.php?option=com_content&view=article&id=73&Itemid=63

Teleskope het ons gewys dat daar duisende miljoene sterre is wat ons nie met die blote oog kan sien nie. Sommige van daardie sterre is so ver weg dat hul lig miljoene jare vat om ons te bereik.

Die Southern African Large Telescope


Een van die grootste teleskope in die wêreld is in Suid-Afrika. Die teleskoop word die Southern African Large Telescope of SALT genoem. Die teleskoop gebruik lense en 'n baie groot spieël om die sterre te sien en foto's van hulle te neem.

Dit is die SALT. Die dak is hier toe, maar snags word dit oopgemaak sodat die teleskoop die lug kan sien.
Die foto is van die binnekant van die koepel van SALT geneem en wys 'n groot spieel.

Wys vir leerders dat elke spieel in die foto van die SALT spieels in die vorm van 'n heksagoon (soos 'n byekorf) is, en ddat elke spieel die lig op 'n enkele kol fokus. Die leerders sal ook sien hoe dit gedoen word in die volgende aktiwiteit. Wanneer jy die aktiwiteit met al die spieels buite doen, moet jy weer hulle herinner aan die prent van die spieels en die ooreenkoms uitwys.

Werk in groepe vir die volgende aktiwiteit aangesien dit moeilik kan wees om genoeg materiale (lense en spieels) vir elke leerder te kry om die aktiwiteit alleen te doen.

Hoe lense en spieels 'n teleskoop laat werk.


MATERIALE:

  • Elke groep het 'n lens nodig (Jy kan 'n handlens gebruik of ronde lee bottels vol water. Jy kan ook die glasdeel van 'n gloeilamp vol water gebruik. Jou onderwyser sal jou wys hoe om die binnekant van 'n ou gloeilamp te verwyder.)
  • Elke groep het 'n spieel nodig (Dit kan 'n klein spieel wees, of jy kan 'n spieel maak. Jy kan blink foelie van 'n pakkie aartappelskyfies op 'n karton plak.)

Om 'n lens uit 'n gloeilamp te maak, verhit die metaalbedekking van 'n dooie gloeilamp in 'n vlam. Sit dan die warm deel versigtig in koue water sodat die water net-net die glas bereik. Die glas sal rondom die metaalbedekking kraak en die binnekant van die lamp sal uitval in die water in. Jy sal dan 'n balvormige glas deel oorhê. AS jy dit vol water maak is dit 'n goeie lens met 'n kort fokus.

Sit maskeerband of Elastoplast op die stukkende deel van die glas dat leerders nie hulself sny nie. Ons praat natuurlik van 'n gloeilamp sonder 'n gloeidraad, nie die nuwe fluorescent energiebesparende lampies nie.

'n Lens kan goed laat groter lyk.
As jy deur 'n bottel of 'n glas wat vol water is kyk, kan jy sien hoe dit goed laat groter lyk.

INSTRUKSIES (deel Een)

  1. hou die lens op en kyk na iets teen die muur. Jy kan byvoorbeeld na 'n plakkaat kyk.
  2. As jy ver van die muur af is, sal die plakkaat lyk of dit onderstebo is.
  3. Wanneer jy nader aan die muur beweeg, sal die plakkaat die regte kant om wees en groter wees. Die lens vergroot die plakkaat (om te vergroot beteken om groter te maak.)

VRAE:

Wat kom jy agter van die vorm van lense?


Hulle het geboe oppervlakke.

Waarom dink jy is hierdie vorm nodig?



Die lig moet deur 'n geboe vorm beweeg sodat die lig kan buig; wanneer die lig van 'n voorwerp deur die geboe glas kom kan ons die vergrote voorwerp (wat groter lyk) sien. Die boog laat maak die voorwerp groter omdat die lig gebuig is.

INSTRUKSIE (Deel Twee):

  1. Die klas moet nou buite in die sonskyn uitgaan. Neem die lens en jou spieels saam met jou. Dit sal die beste werk op 'n warm, helder dag.
  2. Jou onderwyser kan 'n punt op die muur uitwys wat in die skadu is.

Maak 'n sirkel met bordkryt op die muur - omtrent 15cm in deursnee. Leerders moet na die sirkel mik.

  1. Gebruik die spieels om sonlig na die punt te reflekteer.
  2. Die klas kan uitsprei; dit maak nie saak waar jy staan nie. Maak net seker dat jy jou spieel so beweeg dat die lig val waar jou onderwyser gewys het.
  3. As almal die sonlig na daardie een punt reflekteer, gaan dit baie helder word daar.
Lig van al die spieels gaan na een skadukol op die muur.

VRAE:

hoe kan jy die kol helderder maak?



Vra jou leerders om 'n voorspelling te maak - hulle moet sê wat sal werk om die kol helderder te maak. Antwoord: die klas kan nog meer spieels gebruik.

Sal die kol warm voel? Maak 'n voorspelling. (Om te "voorspel" beteken dat jy sê wat gaan gebeur.)



Hoe gaan jy uitvind of jou voorspelling reg was?


Kry byvoorbeeld 'n verslag van almal wat hulle hande daar gehou het.

verander die hoek van die plank

Terwyl die klas buite is met spieels, kom ons gebruik die geleentheid om hulle van straling en sonoonde te leer. Die son straal elektromagnetiese golwe met baie frekwensies uit. Ons oe reageer op van hierdie frekwensies en ons sien lig. As die frekwensie laer is, kan ons oe nie reageer nie (ons sien nie), maar ons vel reageer en ons kan die straling voel. Hierdie laer frekwensies word Infrarooi straling genoem.

Hoe kan die klas die kol warmer maak?


Antwoord: Die klas gebruik nog meer spieels.

Kan jy dit selfs nog warmer maak deur die sonlig deur 'n lens op die muur te skyn?



Jy moet dit met jou klas probeer. Jy het 'n groot handlens, omtrent so groot soos 'n piering, nodig. Beweeg die lens totdat die kol lig op die muur so klein as moontlik is. Laat een leerder sy hand voor die kol sit en dit voel. (Dit is onwaarskynlik dat dit hom gaan brand.)

INSTRUKSIES (Deel Drie):

  1. Sit 'n kers in 'n glasfles en sit die deksel op.

Sit die kers binne-in die fles om seker te maak dat die warm lug nie weg van die kers geblaas word nie en dat dit nie deur konveksie ontsnap nie. Hier is 'n uitbreiding van die aktiwiteit oor teleskope sodat leerders oor sonoonde moet dink. In Graad 5 het hulle sonoonde gesien - jy kan vir hulle 'n prent wys van 'n sonoond en seker maak dat hulle oplet hoe groot die reflekteerders is. Hoe groter die reflekteerder, hoe meer energie kan die oond per sekonde in die kos sit.

  1. Kan jy die kers smelt met jou spieels?

Die klas behoort dit te kan doen as hulle genoeg spieels het. Hulle moet die spieels stil hou en nie laat wankel nie.

  1. Kan jy sjokolade met julle spieels smelt?

Probeer dit as die kers nie wil smelt nie. Besluit net eers wie die gesmelte sjokolade na die tyd kry!



Alhoewel die spieels ver uitmekaar is, werk hulle soos een groot spieel saam. Al die spieels vang 'n klein bietjie van die son en stuur dit na die helder kol.

Die spieels van 'n teleskoop werk ook so. Die lig van die sterre is baie dof omdat die sterre so ver weg is. Die groot spieel kan die dowwe lig opvang en op die lens fokus. Die teleskoop kan dan genoeg lig van die ster bymekaar maak om 'n foto van die ster te neem.


Die Square Kilomtre Array (SKA)


Die SKA is nog 'n soort teleskoop waarmee mens na die sterre kan kyk. Sterre stuur energie in die vorm van lig maar ook radiogolwe uit. Die SKA kan radiogolwe optel wat ons nie met ons oë kan sien nie.

Die SKA se webtuiste het baie hulpbronne waarmee jy 'n klasbespreking oor die projek kan fasiliteer (http://www.ska.ac.za/learn/index.php). Onthou jy dat die notas hier bo gesê het dat die son verskillende frekwensies uitstraal. Ons kan van hierdie frekwensies sien, maar ander net voel. Daar is baie ander frekwensies wat ons nie kan optel sonder 'n radio-ontvanger nie.

'n versameling is 'n groot hoeveelheid van dieselfde item. Wanneer die banke in jou klas netjies rangskik is noem ons dit 'n versameling banke.

Die SKA het 'n versameling van duisende skottels wat lyk soos die in die prentjie. Wanneer jy die oppervlakte van al die skottels bymekaar tel, sal die totale oppervlake dieselfde as een vierkante kilometer wees. 'n Vierkante kilometer is 'n area in die vorm van 'n vierkant waarvan die sye elk 1km lank is. Die oppervlak van die vierkant sal dus 1km2 wees. Dit is waarom hierdie teleskoop die Square Kilometre Array genoem word.

Dit is hoe die SKA sal lyk as dit klaar gebou is. (Erkenning: SKA Organisasie)

Daar was eintlik 'n kompetisie tussen Suid-Afrika en Australie om te sien in watter land die SKA gebou sou word. Beide lande wou dit graag hê en die bieery en stemming het vir 9 jaar aangehou. Verlede jaar, aan die begin van 2012, het hulle aangekondig dat hulle eerder in albei lande sou bou, maar dat die meeste van die skottels in Suid-Afrika en Afrika sou wees.

Waarom het die SKA so baie skottels nodig? Is een nie genoeg nie?

Goeie vraag, Sophie. Kom ons vind uit.

Die skottels in die prent lyk soos die TV-satellietskottels wat jy op party mense se huise sien. Daardie skottels ontvang swak TV-seine wat van 'n satelliet in die ruimte af kom.

In die SKA vang elke skottel 'n bietjie van die radio-seine van die sterre af op en stuur dit na 'n rekenaar. Die rekenaar sit al die seine bymekaar om 'n nuwe prent van die die ster te vorm.

Wetenskaplikes van baie lande werk saam om die SKA in die Noordkaap te bou. Meeste van die teleskope sal naby Carnarvon gebou word.

Party van die skottels sal baie ver van Carnarvon af wees. Sommiges sal in Ghana, Zambie, Mosambiek en Madagaskar wees. Hulle sal ook seine van die sterre opvang en na die rekenaar in Carnarvon stuur.

Party van die skottels sal ver van Carnarvon in lande regoor Afrika wees, so wel as Australie en Nieu-Seeland. (Erkenning: SKA Projek Suid-Afrika)

Die SKA


INSTRUKSIES:

  1. Kyk na die prent van die SKA in die teks hier bo.
  2. Beantwoord hierdie vrae.

VRAE:

Hoe is die prent van die SKA skottels soos die prent van die klas wat spieels gebruik om 'n helder kol teen die muur te maak?



Dit het baie skottels, soos die baie spieels wat die klas gebruik het.

Waarom het die SKA so baie skottels nodig wat kan opvang?


Die sein van die sterre is baie flou.

Waarom help dit die SKA om skottels in Ghana, Kenia en Mosambiek te hê?

Hoeveel skottels sal in Madagaskar wees?


TWee, maar assesseer eers of leerders Madagaskar op die kaart kan kry.



Die SKA sal seine van die sterre kan optel wat duisende miljoene jare gelede uitgestuur is. Die seine het vir daai hele tyd deur die ruimte beweeg. Wanneer die SKA daardie seine optel kan ons meer leer oor die tyd toe die heelal begin het, duisende miljoene jare gelede.

  • Die voorwerpe wat ons in die lug sien is baie ver weg.
  • Ons kan die teleskope gebruik om hulle duideliker te sien en te meet hoe ver weg hulle is.
  • Lense kan lig fokus om die beeld helderder te maak.
  • Spieels help om meer lig te versamel wanneer die sterre baie flou is (nie helder is nie).


Wat doen 'n teleskoop?


Dit laat voorwerpe wat baie ver is, nader lyk.

Hoekom het niemand voor Galileo geweet dat Jupiter mane het nie?



Die mane was te klein om met die blote oog te sien; Galileo se teleskoop het hulle groot genoeg gemaak om te sien.

Waarvoor staan SKA?


Square Kilometre Array

Waarom is die woorde "square kilometre" in die naam?



Die oppervlakte van al die skottels bymekaargetel sal een vierkante meter wees.

Ons kan vreeslik baie sterre met 'n teleskoop sien. Waarom het ons nie voor teleskope geweet dat daar so baie sterre is nie?


Daardie sterre was te dof om met die blote oog te sien.

Astronome bou teleskope ver van stede. Skryf 'n rede neer waarom jy dink hulle dit sou doen.



Die helder ligte van die stad maak die lug te helder en moeilik om sterre te sien.

Geluk! Jy is klaar met Gr.6!