Beweging van die aarde en planete.


  • As dit aand is in Suid-Afrika, is dit ook aand in Brasilië?
  • Neem die ander planete ook 'n jaar om om die son te wentel? Is hulle jare net so lank soos die aarde s'n?
  • Waarom kry ons dag en nag?
  • Wat is die verskil tussen 'n omwenteling en 'n rotasie?

Rotasie (aarde)


For a long time people believed that the Earth stood still and the Sun moved around the Earth. In this Chapter we will find out what really happens. We'll start by thinking about day and night.

Dag en nag

Gedurende die dag lyk dit of die Son deur die lug beweeg soos dit opkom (sonsopgang) in die oggend en sak (sonsondergang)in die aand

Oos en Wes is twee rigtings wat jy moet ken. As jy na die son wys wanneer dit lyk of dit opkom in die oggend, dan wys jy in die Oostelike rigting. As jy na die Son wys wanneer dit sak, dan wys jy in die Westelike rigting. Kyk na die prentjie van Sophie. Dit is sonsopgang in die oggend ensy staan met haar arms uitgestrek in die rigtings Oos en Wes.

Jy kan rigting bepaal deur te kyk na die opkoms en ondergang van die Son.

Bepaal Oos en Wes.


MATERIALE:

  • 'n plek waar jy vroegoggend kan staan.

INSTRUKSIES:

  1. Kyk na die prent met Sophie en beantwoord die vrae.

VRAE:

  1. Waar is Sophie se regterhand? Dui haar regterhand aan met jou vinger.
  2. Hoekom sien ons Sophie se skaduwee op die grond?



    Die son maak 'n skaduwee want Sophie blok die lig van die Son wat daardie deel van die grond bereik.

  3. In watter rigting wys haar skaduwee?


    Wes.

  4. Indien Sophie reguit voor haar sou uitkyk, in watter rigting kyk sy?


    Noord.

  5. Kry nou die Oostelike rigting in julle klaskamer. Jy moet wys na die rigting waaruit jy die Son sien opkom in die oggend. In die klaskamer, strek jou arms uit en wys na die Oostelike en Westelike rigtings. Maak 'n spasie op die vloer en plak stukke isolasie band op die vloer sodat almal kan onthou in watter rigtings Oos en Wes is.

    Help jou leerders om te verstaan dat Oos nie 'n plek is nie. Waar jy ook al is op Aarde, jy kan altyd na Oos wys en as jy aanhou Oos stap sal jy elke oggend die sonsopgang voor jou sien. Die idee kan 'n bietjie verwarring veroorsaak omdat ons oor plekke soos Mpumalanga, die plek waar die Son opkom. Maar as jy in werklikheid na Mpumalanga se oostelike grens gaan, dan sal jy sien dat die Son oor Mozambique opkom. In Mozambique kom die Son oor die see op, ensovoorts.

    So die verskil tussen die woorde 'plek' en 'rigting' is belangrik. Ons kan dit seun deur te vra "Hoe vêr moet ek stap om Oos te bereik?" Die antwoord is "Jy kan dit nooit bereik nie, die Ooste sal altyd voor jou wees."

    Die praktiese betekenis hiervan kom na vore wanneer ons die leerders vertel dat die Aarde na die Ooste draai / roteer. Jy kan nie op die aardbol 'n plek kry wat "Die Ooste" genoem word nie.


Wat beteken die woord "rigting"? Jy kan in 'n rigting na 'n plek. Indien die wind waai, sien jy blare in beweeg in dieselfde rigting as die wind. Onthou, 'n rigting is nie 'n plek wat jy kan bereik nie!

Stel bekend wat dit beteken om iets te bespreek met iemand anders. Jy kan ook die konsep van debat voorstel, wat 'n meer formele bespreking is waar twee teenstaande (teenoorgesteld en verskillend) oogpunte van 'n onderwerp voorgelê word en elke groep hulle saak redeneer. Vra ook vir terugvoer op die antwoorde.


Kom ons kyk na 'n bespreking. Om iets te bespreek is om daaroor te praat en jou idees te deel met iemand naders of 'n groep mense. Draai na jou klasmaat langs jou en bespreek die volgende vraag. Skryf jou antwoord neer, en skryf dan jou maat se antwoord neer.

Waar gaan die Son onder in die aand? Hoekom het ons dag en nag?

Jou antwoord is:



Jou maat se antwoord is:



NB: Die son "gaan" nie werklik êrens heen in die aand nie! Ons praat miskien oor die beweging van die Son deur die lug in daaglikse gesprekke, maar dit is VERKEERD. Die Son beweeg nie - die Aarde draai (roteer) op sy eie as. In die res van hierdie afdeling, maak dit aan die leerders duidelik dat dit mak lyk of die Son deur die lug beweeg, maar dat dit in werklikheid die Aarde is wat draai en dit laat lyk of die Son beweeg.


In hierdie afdeling sal ons hierdie vrae beantwoord!


Beweeg die Son rêrig, of is dit die Aarde wat beweeg?

Wanneer jy in 'n bus ry mag jy dalk huise buite die bus sien. Dit lyk of die huise verby die venster beweeg.

Vir Sophie, wat in 'n bus ry, lyk dit of die huise verby beweeg.

Hoekom dink jy lyk dit of die huise verby jou venster beweeg? Is die huise werklik besig om te beweeg? Bespreek hierdie vraag.

Moenie die antwoord "Nee, hulle beweeg nie" aanvaar nie; vra hoekom dit lyk of hulle beweeg. Leerders moet besef dat die huise lyk / voorkom om te beweeg maar dit gebeur omdat die persoon in die bus beweeg. Ons wil hê dat leerders hierdie idee in vir hulleself in hulle eie woorde moet stel.


So dit is eintlik die persoon in die bus wat besig is om te beweeg; dit lyk egter vir die persoon asof die huise beweeg, maar hulle beweeg nie.

Jy kan sien hoe groot die Son is wannneer ons die Aarde en die Son vergelyk. Gaan terug na die begin van hierdie termyn se werk en soek 'n prent van die Son en die Aarde. Daardie groot Son beweeg nie rondom die Aarde nie.

Die Aarde draai en dit is hoekom ons sien dat die Son verby ons beweeg. Ons is soos Sophie in die bus. Sy is in die bus en sy beweeg verby die huise. Die Son is soos die huise; hulle beweeg nie. Dit lyk vir ons asof die Son beweeg, maar dit is in werklikheid die Aarde wat draai.

Jy kan die Aarde voorstel as 'n lemoen met 'n potlood deur die middel.

Die Aarde draai soos 'n lemoen op 'n potlood.

Wanner jy die potlood draai, draai die hele lemoen in die rondte. Dit is soos die Aarde draai. Die potloos word die as van die lemoen genoem. Op dieselfde manier kan ons dink aan 'n as wat deur die Aarde gaan. Die as is 'n lyn wat ons kan verbeel / voorstel, dit is nie 'n werklike ding nie. Die Aarde draai om daardie as. Ons sê dat die Aarde om die as draai / roteer / wentel (draai).

Ons sê dat die Aarde 'n as het waarom dit wentel (roteer). Die as loop van die Noord Pool tot by die Suid Pool soos jy in die prent kan sien.

Ander items het ook asse waarom hulle wentel. Byvoorbeeld, 'n ysskaatser het 'n vertikale as waarom jy wentel wanneer sy op een plek spin gedurende 'n vertoning.

'n houtstomp wat in die water dryf kan ook in die rondte tol. Dit het 'n horisontale as waarom dit draai.

Verskillende rotasie asse.

Bou 'n model van die Aarde in dag en in die nag.


MATERIALE:

  • 'n Aardbol of 'n ballon met die vorme van die kontinente daarop geteken.
  • stukkie tou om die aardbol of ballon aan te hang
  • 'n groot spieël

INSTRUKSIES:

Almal moet van dieselfde kant af na die aardbol kyk. 'n Aardbol is 'n model van die Aarde.
  1. Hierdie prent wys jou hoe om die toerusting op te stel.
  2. Stel 'n spieël op buite die kamer sodat dit helder sonlig op die aardbol weerkaats. Jou aardbol moet in die rondte kan draai.
  3. Almal moet van dieselfde kant af na die aardbol kyk.
  4. Kry vir Afrika op die aardbol. Draai die aardbol sodat die Son se lig op Suid Afrika val.
  5. Een kant van die aardbol is in die skaduwee. Kry die skaduwee op die prent. Skryf die woord "skaduwee" langs dit neer.

Dit is om seker te maak dat die leerders die verduideliking volg.

  1. Kry vir Durban en Kaapstad op die aardbol.

Maak klein mense uit "Prestik" en plak hulle voete op die aardbol by Durban en Kaapstad.

  1. Kyk na die aardbol in die prent. As jy in Durban is, sou dit dag of nag wees?


  2. As jy in Kaapstad is, is dit dag of nag?


  3. Draai nou die aardbol soat Afrika na regs draai. Anders gestel, draai die aardbol na die Ooste. Jy sal sien dat Durban donker word en in die skaduwee inbeweeg. Wanneer dit nag is in Durban, is dit steeds dag in Kaapstad.
  4. Hou aan om die aardbol na die Ooste te draai. Kaapstad sal ook nou in die skadu inbeweeg. Nou is dit nag vir die mense in Kaapstad.
  5. Watter stad sal eerste terug beweeg in daglig, Kaapstad of Durban?


    Vaardigheid: Vorspelling uit die patroon wat hulle kan sien. Antwoord: Durban. Ons weet dat die Son altyd vroeër opkom in Durban as in Kaapstad.

  1. Hou aan om die aardbol na Oos te draai, en Durban sal terugkom in daglig. Skuif nou na die ander kant van die model om te sien hoe Durban in die sonlig in beweeg.
  2. Hoeveel ure neem dit die Aarde om een keer in die rondte te draai?


    24 uur. Mense het nie ontdek hoe lank 'n uur is nie, hulle het besluit hoe lank dit gaan wees, en hulle het die dag-nag in 24 ure verdeel.


Ons sien die Son lyk of dit opkom en elke dag deur die lug beweeg. Maar die Son beweeg nie rêrig nie; dit kom net voor of dit beweeg! Die Aarde draai om en om, en ons beweeg saam met die Aarde. Die Aarde neem 24 uur om een volledige omwenteling te maak.

Kan jy sien hoe die lig van die Son net een helfte van die Aarde bereik soos dit draai?

Jou kop kan 'n model van die Aarde wees.


MATERIALE:

  • jy
  • sonlig van die een kant

INSTRUKSIES:

  1. Hierdie model sal jou help om te verstaan hoekom ons die Son deur die lug sien beweeg. Doen dit vroeg in die oggend wanneer die Son nog laag sit.
  2. Kom ons sê dat jou neus Afrika voorstel. Jy is op Afrika. Kyk na die ondergaande prent.
Gebruik jou kop as 'n model van die Son.
  1. Staan so dat die helder lig van die Son op jou regter wang skyn.
  2. Draai stadig na jou linkerkant. Draai jou oë na die helder area waar die Son is. Jy sal sien hoe die Son na jou regterkant beweeg terwyl jy na links beweeg.
  3. Beweeg jou voete en draai verder; jy sal sien hoe die Son "ondergaan" oor jou regter wang.

Hulle moet hulle hele liggaam beweeg, nie net hulle koppe nie!

  1. Wanneer jy jou rug op die Son gedraai het kan jy nie die helder lig sien nie. Dit is soos nag in Afrika.
  2. Draai verder na jou linkerkant en jy sal sien hoe die Son "opkom" oor jou linker wang. Dit is soos sonsopgang / sonsopkoms in Afrika.

NB. Maak seker om dit vir die leerders te beklemtoon dat wanneer hulle hulle koppe draai dit is soos die Aarde wat draai, teerwyl die ligbron (die Son) nie beweeg nie.




Omwenteling (Aarde)


Teen hierdie tyd weet jy dat al die planete om die Son wentel (beweeg). Elke planeet het sy eie baan. Dit word 'n wentelbaan genoem. Ons kan ook sê dat planete om die Son wentel. Die Aarde beweeg ook in sy eie wentelbaan om die Son. Hierdie beweging word die omwenteling van die Aarde om die Son genoem. Ons kan ook sê dat die Aarde om die Son wentel / draai.

Ons het nou twee nuwe woorde teegekom: rotasie (draai) en omwenteling. Onthou dat hierdie nie dieselfde ding is nie! Kom ons doen 'n aktiwiteit met ons eie liggame om die verskil te verstaan tussen omwenteling en rotasie / draai.

Baie mense, insluitende volwassenes, raak deurmekaar met die terminologie "omwenteling" en "rotasie". Die eenvoudigste manier om hiermee te handel is om te sê dat die Aarde op sy eie as draai en dat dit om die Son wentel. Ons kan ook "wentel" gebruik as 'n werkwoord. In die volgende aktiwiteit, maak seker om die verskil in die liggaams bewegings uit te wys tydens rotasie en omwenteling. Verduidelik vir die leerders terwyl hulle elkeen doen. Dit is ook nog 'n manier om 'n model te maak van die Aarde se bewegings. On shet dit voorheen al gedoen, met die bal wat aan die punt van 'n lang string rondgeswaai was.

Maak 'n model van die Aarde wat om die Son wentel


MATERIALE:

  • spasie om in rond te beweeg

INSTRUKSIES:

  1. Ons gaan van ons liggame gebruik maak om die verskil tussen omwenteling en rotasie / draai te verstaan.
  2. Eerstens, die hele klas moet uitsprei en om 'n plek staan. Spin nou in die rondte met jou arms uitgestrek, terwyl jy op een plek bly. Dit is rotasie! Die Aarde roteer / draai so op sy eie as.
  3. Verdeel nou in pare. Een leerder staan op een plek, terwyl die ander leerder in 'n sirkel rondom die eerste persoon stap. Dit is omwenteling. Die tweede leerder is besig om om die stilstaande leerder te omwentel. Die Aarde omwentel die Son op hierdie manier.
  4. Nou, kom ons voeg altwee bewegings saam! Soos die Aarde op sy as draai, draai dit ook om die Son. Dit mag dalk uitdagend wees! Draai in die rondte (roteer) terwyl jy in 'n groot sirkel om jou maat draai (om wentel). Kyk na die ondergaande prent.
Die leerder is besig om te roteer (draai) en te wentel om sy maat.

VRAE:

In hierdie model, wie stel die Son voor en wie stel die Aarde voor?



Die leerder wat stilstaan stel die Son voor, en die leerder wat beweeg stel die Aarde voor.

Wanneer jy draai en in 'n sirkel stap om jou maat, kyk jy by tye na jou maat en by ander tye is jou rug op jou maat gedraai. Watter een van die situasies stel vir jou dag voor, en watter een nag?




Wanneer jy na jou maat kyk is dit soos dag wanneer die Son op jou gesig skyn en wanneer jou rug na jou maat is, is dit soos nag.

Jy kon baie vinnig draai! In werklikheid, hoeveel ure neem dit die Aarde om een rotasie te doen?


24 uur.

Jy kon vinnig om jou maat stap. In werklikheid, hoe lank neem dit die Aarde om een keer om die Son te wentel?


365 days



  • Waar ons ook al is, ons kan altyd die Oos-Wes rigtings kry waar die Son opkom en ondergaan.
  • Die Aarde draai op sy eie as een keer elke 24 uur. Hierdie draai word 'n rotasie genoem.
  • Die deel van die Aarde wat na die Son wys ondervind dag, en die deel wat weggedraai is van die Son ondervind nag.
  • Die Aarde wentel in sy baan reg rondom die Son. Hierdie beweging in 'n baan word 'n omwenteling / revolusie genoem.
  • 'n Volledige beweging van die Aarde rondom die Son vorm een jaar.


Hoe kan jy Oos kry?


kyk na die plek waar die Son opkom in die oggend.

Hoe kan jy Noord kry?

Strek jou arms uit sodat jou regterhand Oos wys, en jou linkerhant Wes. Dan is Noord direk voor jou.

Hoekom lyk dit asof die Son deur die lug beweeg as ons weet dat die Son nie beweeg nie?




Die Son lyk of dit beweeg want die Aarde is besig om te draai (roteer). Die Son lyk of dit van Oos na Wes beweeg, maar dit is omdat die Aarda van Wes na Oos draai.

Waar is die Son wanneer dit nag by ons is?


Die Son is aan die anderkant van die wêreld.

Wanneer dit by ons nag is, is dit nag by almal reg-oor die wêreld?


Nee.

Die Aarde draai op sy eie as. Watter term verwys hierna?


Rotasie / draai / wentel

Die Aarde en die ander planete beweeg in 'n wentelbaa om die Son. Watter term verwys hierna?


Omwenteling / revolusie

Hoeveel ure neem dit vir die Aarde om een rotasie / draai te voltooi?


24 uur.

Hoeveel dae neem dit vir die Aarde om een keer om die Son te wentel?


365.25 dae

Dink jy dat dit Mars meer aard-dae sal neem as die Aarde om om die Son te wentel? Hoekom?



Ja, dit sal langer neem want dit is verder weg van die Son af en het daarom 'n langer / groter wentelbaan.

Bonus vraag Hoekom dink jy het ons elke 4 jaar 'n skrikkeljaar, en nie elke 3 of 5 jaar nie?

Omdat 'n jaar eintlik 365.25 dae lank is. Aangesien ons kalender net 365 dae het, maak vier kwarte 'n ekstra dag elke vier jaar. Dit mag dalk moeilik wees om te verstaan aangesien dit breuke bevat.