Energie en Klank Wat is jou geliefkoosde musiekinstrument?


  • Hoe beweeg klank van waar dit gemaak word, tot waar dit gehoor word?
  • Hoe kan ons harde en sagte klanke maak?
  • Hoe kan ons lae en hoë klanke maak?
  • Wat is klankbesoedeling?

Vir hierdie hoofstuk, hou die musiekinstrumente wat deur die leerders in die vorige hoofstuk gemaak is uitgestal in die klaskamer. U kan dan hierdie instrumente gebruik om verskeie konsepte in hierdie hoofstuk te demonstreer. Alternatiewelik kan hierdie hoofstuk deurgewerk word voor die hoofstuk wat handel oor "Die Beweging van Energie in 'n Sisteem", waarin 'n musiekinstrument gemaak word, aangesien hierdie hoofstuk handel oor baie van die konsepte en ondersoeke oor klank wat verder ondersoek kan word wanneer die musiekinstrument gemaak word. Of anders, indien u hierdie hoofstuk behandel nadat die musiekinstrumente gemaak is, gebruik dan die praktiese ervaring wat die leerders reeds opgedoen het as basis wanneer u nou die teorie behandel.

Vibrasies en klank


Ons het gesien dat musiekinstrumente klank maak deur middel van vibrasies. Jy het ook in die vorige hoofstuk gesien dat wanneer jy die snare van sommige instrumente gepluk het, die snare gevibreer en klank gemaak het.

Ons kan vibrasies hoor en voel


Ons weet dat vibrasies klank kan veroorsaak. Maar kan klank ook vibrasies veroorsaak?

Waarneming van vibrasies


MATERIALE

  • 'n diep glasbak
  • plastiek kleeffilm
  • 'n paar ryskorrels (of enige ander klein, droë deeltjies of korrels)

INSTRUKSIES:

Deel A:

  1. Bedek die bak met die plastiek kleeffilm
  2. Maak seker dat dit styf bedek is, maar nie só styf dat die plastiek begin skeur nie.
  3. Plaas die ryskorrels tussen die middel en die kant van die plastiek kleeffilm.
  4. Tik liggies op die kleeffilm. Doen dit 'n entjie weg van waar jy die ryskorrels geplaas het.
  5. Tik nou harder.
  6. Sien jy dat jou ryskorrels beweeg of op en af spring.

Deel B:

Kan jy die ryskorrels laat op- en af spring eur net jou stem te gebruik? Wanneer hulle spring weet jy dat

die kleeffilm vibreer.

  1. Neurie (Engels = 'hum') oor die bak - naby die kleeffilm, maar weg van die ryskorrels.
  2. Maak jou stem diep en probeer weer.
  3. Maak jou stem hoog en probeer weer.
  4. Neurie harder. Neurie agter.
  5. Probeer SKREE, maar moenie op die kleeffilm of die rys blaas nie. Jou klank moet die rys laat spring, nie jou asem nie.

VRAE

Wat gebeur met die ryskorrels wanneer jy op die kleeffilm tik?



Die rys spring wanneer die kleeffilm beweeg.

Wanneer jy neurie, vibreer die kleeffilm. Verduidelik waarom daar vibrering is.



Die kleeffilm vibreer as gevolg van die klankgolwe wat deur dit beweeg en dit laat vibreer.



Wat het ons dus uit hierdie aktiwiteit geleer?

  • Om teen die kleeffilm te tik gee dit energie om the vibreer.
  • Die ryskorrels is slegs sodat ons die vibrasies kan sien. Hulle doen hierdie werk baie goed!
  • Die maak van 'n geluid naby die kleeffilm veroosaak dat die ryskorrels beweeg.
  • Dit beteken dat die kleeffilm as gevolg van die klank vibreer.
  • Klank veroorsaak die vibrasies wat jy kan sien.

Kan ons vibrasies ook voel? Kom ons vind uit!

Hoe maak ons geluide wanneer ons praat of sing?


INSTRUKSIES:

  1. Plaas jou hand liggies op jou nek en neurie.
  2. Maak lae neuriegeluide en hoër neuriegeluide .
  3. Wat hoor jy?


  4. Wat voel jy?




Wanneer jy neurie is daar 'n vibrasie in jou keel wat jy kan voel. Dit veroorsaak die geluide wat jy maak as jy praat, asook wanneer jy skree of sing.

Wat vibreer in jou keel? Jy het stembande in jou keel. Soos lug oor hulle beweeg vibreer hulle. Omdat hulle vibreer veroorsaak hulle klank. Kyk na die prentjie hieronder. Die stembande is amper soos die lagie kleeffilm wat in die vorige aktiwiteit oor die bak gevibreer het.

Kan jy die stembande sien wat vibreer om klank te maak wanneer on praat of sing?

Dus maak ons klanke wanneer ons stembande vibreer, maar hoe hoor ons klanke? In jou oor het jy oordromme. Oordromme help ons om klank te hoor. Jou oordrom werk soos die kleeffilm. Jou oordromme vibreer wanneer 'n klank by jou oor ingaan. Dit is hoe jy klanke hoor!

Die menslike oor bestaan eintlik uit baie dele! Jou buite-oor is wat jy aan die kante van jou kop kan sien. Jou binne-oor is binne-in jou skedel, en bestaan uit klein beentjies. Kyk na die prent hieronder. Kan jy die oordrom wat vibreer sien? Die vibrasie stamp teen die klein been langs die oordrom, en die brein kan hierdie beweging as 'n klank lees.

Sjoe, dit klink darem maar baie ingewikkeld! En dit gebeur alles in beide my ore elke keer as ek 'n geluid hoor!

Dis reg Jojo, die menslike liggaam is ongelooflik!


Vibrasies beweeg deur materiale

Klankvibrasies het 'n stof nodig om deur te beweeg. Ons noem die stof waardeur die klank beweeg die medium. Wanneer jy jou onderwyser in die klas hoor praat, is dit omdat die klankvibrasies deur die lug na jou ore toe beweeg.

Hoe beweeg klank deur lug?


Die volgende idee lyk redelik tasbaar...om die leerders te laat "beweeg" om te ervaar hoe die vibrasie van een plek na 'n ander oopgedra word is waardevol. Die verduideliking het nie nodig dat golwe genoem word nie. Klankgolwe word eers in latere grade bekendgestel. Hierdie aktiwiteit kan help om meeste van die idees tot dusver ontwikkel (vibrasies, hoe energie van een plek tot 'n ander kom, ens.) op 'n tasbare wyse vas te lê.

INSTRUKSIES

  1. S
  2. Staan langs mekaar sodat almal in dieselfde rigting kyk. Julle skouers moet nie mekaar raak nie, maar julle moet naby aan mekaar wees.
  3. Elkeen van julle is 'n lugdeeltjie.
  4. Twee maats moet aan die twee punte van die ry staan. Een is 'n stemband, en die ander die oordrom.
  5. Die "stemband" moest die eerste "lugdeeltjie" liggies stamp en dan terug beweeg en stilstaan.
  6. Die eerste "lugdeeltjie" moet die tweede "deeltjie" liggies stamp en dan terug beweeg en stilstaan.
  7. Die tweede "deeltjie" moet dieselfde aan die derde doen en terugbeweeg en stilstaan, en so aan...
  8. Wanneer die laaste lugdeeltjie die oordrom stamp, beweeg die oordrom en staan dan stil.

Dus is klank daartoe in staat om te beweeg van waar dit gemaak word tot waar dit gehoor word, deurdat lugdeeltjies vibreer en die vibrasie van een deeltjie na die volgende aanstuur.

Maar hoe beweeg klank deur ander stowwe?

Om 'n telefoon te maak


Hierdie aktiwiteit kan ook as 'n klasdemonstrasie gedoen word, in welke geval u net een telefoon hoef te maak in plaas daarvan dat elke leerderpaar een moet maak. Hierdie aktiwiteit, sowel as die volgende een wat oor die luister na 'n getik deur 'n muur handel, demonstreer dieselfde konsep. As u dus nie die tyd het om beide te doen nie, kan u net een van die twee doen.

MATERIALE

  • Twee ou blikkies of twee jogurthouers (vra 'n volwassene om seker te maak dat die blikkies nie skerp rante het wat iemand kan sny nie!)
  • Tou (2 tot 5 m lank).

INSTRUKSIES:

  1. Werk in pare
  2. Vra jou onderwyser om 'n klein gaatjie in die boden van elkeen van die blikkies te maak. Jy wil die die twee blikkies met die tou aan mekaar verbind.
  3. Maak 'n groot knoop aan die een punt van die tou.
  4. Trek die tou deur die gaatjie in een van die blikkies. Die knoop moet aan die binnekant van die blikkie wees.
  5. Trek die ander punt van die tou deur die gaatjie in die ander blikkie. Druk dit vanaf die buitekant van die blikkie deur.
  6. Maak 'n groot knoop aan die punt van die tou.
  7. Nou het jy 'n snaakse soort telefoon!
  8. Vra 'n maat om een van die blikkies teen sy of haar oor te hou.
  9. Maak beurte om in die een blikkie in te praat, terwyl die ander een by die ander blikkie luister.

VRAE

  1. Hoekom werk die blikkie-telefoon? Hoe kom die klank wat jy maak by jou maat uit? Nadat hierdie in die klas bespreek is, skryf jou antwoord hoeronder neer.



Onderwysersnota vir bespreking: Die klank beweeg deur die tou. Dit beweeg ook deur die lug, maar nie so vinnig en goed soos deur die tou nie. Die afleifing is dat klank net in 'n medium kan bestaan, en dat dit beter deur 'n tou as deur die lug beweeg. Vir interessantheidshalwe 'n kort bespreking oor klank in die ruimte:Klank kan nie deur die ruimte beweeg nie, selfs al vind daar vibrasie plaas - daar is geen medium waardeur dit kan beweeg nie. Hier word klank in drie stappe oorgedra: deur die lug vanaf die stembande na die onderkant van die blikkie; deur die tou vanaf die onderkant vanaf die een blikkie na die onderkant van die ander; deur die lug vanaf die onderkant van die tweede blikkie na die oordrom. 'n Interessante en waardevolle klasbespreking kan ontstaan deur te vra hoe die vibrasie-energie van die spreker se stembande die vibrasie-energie van die hoorder se oordromme kan word.


Kom ons doen nog 'n prettige aktiwiteit om te sien hoe klank deur ander mediums beweeg!

'n Geheime kode deur die muur


INSTRUKSIES:

  1. Werk in pare
  2. Dink 'n geheime klopkode uit: miskien kan drie vinnige kloppe byvoorbeeld "hallo" beteken. Jy kan woorde skep wat uit kloppe bestaan.
  3. Sit aan die teenoorgestelde kant van 'n muur van jou maat.
  4. Plaas julle ore teen die muur en gebruik julle klopkode om 'n gesprek deur die muur te voer.
  5. Jy mag dalk harder moet klop as ligte kloppe te sag is.
Sit aan teenoorgestelde kante van 'n muur en kommunikeer met jou maat!

Kom ons som dit wat ons geleer het oor klank en hoe vibrasies beweeg op:

  • Klank moet iets hê om deur te beweeg.
  • Jou stem kan deur die lug beweeg.
  • Jou stem kan deur die tou beweeg.
  • Die klopklanke beweeg deur die muur.
  • Ons sê dat klank 'n medium nodig het om deur te beweeg.
  • Die medium waardeur jou stem beweeg is lug.
  • Klank beweeg deur hout en bakstene.
  • Klank beweeg baie goed deur vaste stowwe.

Hoekom beweeg klank goed deur vaste stowwe?





Hierdie mag moeilik wees vir leerders om te antwoord, aangesien dit te doen het met die rangskikking van deeltjies in vaste stowwe en gasse. Dit is omdat deeltjies in vaste stowwe baie naby aan mekaar is. In gasse is hulle redelik ver van mekaar, in vergelyking met vaste stowwe. Dit is hoekom hoekom vaste stowwe klank-energie beter en verder kan dra as gasse.

Walvisse kommunikeer (praat) met mekaar onder die water, selfs wanneer hulle baie ver van mekaar af is. Verduidelik hoe die klank wat een walvis maak by 'n ander walvis uitkom.





Die walvis veroorsaak dat waterdeeltjies vibreer. Omdat waterdeeltjies naby aan mekaar is, kan die vibrasies vanaf een deeltjie na die volgende beweeg, en só kan die klank deur die water beweeg.



Wat gebeur as daar nie 'n medium is nie? As dit vir jou moontlik is om die video van 'n klok wat in 'n vakuum lui te kyk, doen dit. Klank het 'n medium nodig om te beweeg. 'n Vakuum is waar daar geen lug of ander materie is nie. Dink jy dus dat jy 'n klok in 'n vakuum sal kan hoor lui?!

An 'n uitbouing, indien kan, kyk na die video wat 'n klok wat in 'n vakuum lui wys. Die klok is aanvanklik in 'n fles gevul met lug. Ons kan die klok hoor lui. Die lug word dan stadig met 'n vakuumpomp uit die fles uitgepomp. Die klok klink sagter en sagter, totdat dit nie meer gehoor kan word nie. Verduidelik die waarnemings: Aanvanklik is daar lug in die fles sodat die klok se vibrasies deur die lug gedra kan word deur een lugdeeltjie wat die volgende lugdeeltjie laat vibreer. Wanneer die lug verwyder is, kan die klok nie enige-iets laat vibreer nie, en dus kan die klank nie vanaf die klok na ons ore gedra word nie.


Kan klank vanaf die Maan na die Aarde beweeg?



Nee. Daar is geen lug tussen die Maan en die Aarde nie - geen molekules of enige-iets wat as medium kan optree nie.



Om geluide te maak

Somtyds het jy nodig om saggies te fluister wanneer jy 'n geheim aan 'n maat wil vertel. Maar ander kere het jy nodig om hard te skree vir jou vriend aan die ander kant van die speelgrond! Klank het verskillende volumes.

'n Muis maak 'n baie hoë piepgeluid, maar 'n leeu maak 'n lae grom. Die klanke van hierdie diere het verskillende toonhoogtes.

Kom ons maak klank met 'n rubber-rekkie.


Hierdie aktiwiteit kan ook as 'n demonstrasie gedoen word. In plaas van om die rekkies te sny, kan hulle oor 'n kosblik getrek word. Deur die rekkies stywer of slapper te maak, kan die klank verander word. U kan ook rekkies van verskillende diktes gebruik om verskillende klanke te skep.

MATERIALE :

  • Die grootste rubber-rekkie wat jy kan vind ('n harerekkie sal nie baie goed werk nie)

INSTRUKSIES:

  1. Werk in pare
  2. Cut your elastic band in one place to make one long elastic strip.
  3. Een maat hou die rek aan albei kante vas.
  4. Die ander maat kan die rek pluk om dit te laat beweeg.
  5. Probeer om harde en sagte klanke met jou rek te maak.
  6. Kyk of julle hoë en lae klanke ook kan maak. (Hoë klanke is soos die gepiep van 'n muis, lae klanke klink soos 'n leeu se brul)
Die rek maak 'n klank wanneer dit beweeg.

VRAE

  1. Beskryf hoe jy 'n harde klank gemaak het.



  2. Beskryf hoe jy 'n hoë klank gemaak het.



  3. Beskryf die beweging van die rek.



Die onderwyser moet hier beklemtoon dat ons verskillende soorte beweging kry - hardloop, fietsry, water wat vloei en wolke wat deur die wind geblaas word. Leer jou leerders dat die beweging van die rek nog 'n soort beweging is wat ons vibrasie noem en dat hierdie vibrasie klank maak.


In hierdie aktiwiteit het ons geleer dat beweging wat vibrasie veroorsaak, klank kan maak. Verskillende bewegings maak verskillende klanke.

  • Wanneer die rek hard gepluk (getrek) word, is die klank hard. Jy kan sien dat die rek groot bewegings maak.
  • Wanneer dit liggies gepluk (net 'n bietjie getrek) word, is die klank sag. Jy kan sien dat die rek klein bewegings maak.
  • Toe die rek slapper was en jou maat se hande nader aan mekaar was, was die klank laer. Het jy gesien dat die rek stadiger beweeg?
  • Toe die rek stywer was en jou maat se hande verder van mekaar af was, was die klank hoër. Het jy gesien dat die rek vinniger beweeg?

Wat het ons oor volume geleer?

  • Sagte klanke word deur klein vibrasies veroorsaak.
  • Harde klanke word deur groot vibrasies veroorsaak.

Wat het ons oor toonhoogte geleer?

  • 'n Hoë klank word deur vinnige vibrasies gemaak.
  • 'n Lae klank word deur stadige vibrasies gemaak.

Gebruik van die instrumente wat die leerders gemaak het om die verskil tussen harde en sagte klanke te demonstreer deur byvoorbeeld saggies of hard op 'n drom te slaan of om die beurt klein of groot vibrasies te maak. As jy 'n ander instrument het waarvan die snare verskillende lengtes is, pluk die snare om die verskillende toonhoogtes te wys. Hoe korter die snaar is, hoe vinniger sal dit vibreer en daarom 'n hoë klank maak. Die langer snare sal stadiger vibreer en 'n laer klank maak.

Maak 'n watermarimba


MATERIALE

  • Ses of meer glasbottels of flesse (almal van dieselfde soort)
  • water

INSTRUKSIES:

  1. Gooi 'n klein bietjie water in een bottel.
  2. Gooi baie water in 'n ander bottel
  3. Gooi water in die ander bottels - al die bottels moet verskillende hoeveelhede water in hê, soos in die prent.
  4. Rangskik die bottels van die volste tot die leegste soos in die prent.
  5. Blaas oor die tuite van die bottels of tik hulle met 'n potlood.
  6. Jy het 'n watermarimba!
  7. Probeer 'n liedjie opmaak.
'n Watermarimba

VRAE

  1. Watter bottel maak die hoogste klank as jy al die bottels ewe hard slaan?


  2. Watter bottel maak die laagste klank as jy al die bottels met ewe hard slaan?


  3. Vergelyk die klank wat dieselfde bottel maak as jy dit saggies en hard tik.



As jy liggies tik, maak dit 'n sagte geluid. As jy hard tik, maak dit 'n harde geluid.


Wat het ons watermarimba ons geleer?

  • Die hoeveelheid water in die bottel verander die toonhoogte van die klank wat dit maak.
  • Wanneer jy 'n bottel saggies of hard tik, verander jy die volume van die klank.

Hoe kan ons harder klanke maak? Het jy al iemand gesien wat met 'n megafoon praat? 'n Megafoon maak ons stemme harder en laat dit verder trek. Kom ons maak ons eie megafoon.

Maak 'n megafoon.


Die aktiwiteit kan ook as 'n klasdemonstrasie gedoen word. Elke leerder hoef nie een te maak nie.

MATERIALE

  • Dun karton of rigiede papier
  • Kleeflint
  • 'n Skêr

INSTRUKSIES:

  1. Rol die karton of papier in die vorm van 'n tregter. Daar moet 'n gat aan die nou end wees (omtrent 5cm wyd).
  2. Plak die karton sodat die tregter sy vorm hou.
  3. Maak die tregter netjies. Gebruik die skêr om enige punte wat uitsteek by die openinge af te sny.
  4. As jy ekstra papier het kan jy 'n handvatstel maak vir jou megafoon. Versier jou megafoon.
  5. Jy kan nou deur die klein openinkie praat of sing.
  6. Toets die verskil tussen normaalweg praat en deur die megafoon praat.
Praat so in jou megafoon.

VRAE

Die megafoon laat jou stem harder klink. Hoe dink jy werk dit? Bespreek dit as 'n klas en skryf dan 'n antwoord neer.



Dit kan dalk vir leerders moeilik wees om hierdie vraag op hul eie te beantwoord -'n klasbespreking sal dus help. Dit is ook 'n goeie geleentheid om jou leerders se redeneringsvermoë te oefen. Hier is 'n paradoks wat opgelos moet word: harder klanke beteken dat meer klankenergie jou ore bereik, maar as jy net so hard praat sonder die megafoon as deur die megafoon, moet die klank dieselfe energie hê. Die idee is dat klank van die binnekante van die tregter reflekteer word en vorentoe deur die grootste opening projekteer word. Die klank word daarom in een rigting gekonsentreer wat beteken dat meer klankenergie na die persoon wat luister beweeg. Dit is hoekom dit harder klink as jy deur die megafoon praat.

Is jou stem regtig harder of maak die tregtervorm net dat dit harder klink?


Die tregter laat jou stem harder klink.


Net so maak baie instrumente klanke harder. Blaasinstrumente gebruik 'n buis as 'n tregter om die klank harder te laat klink, soos wat jy met die megafoon gedoen het. Snaarinstrumente doen dieselfde, maar gebruik 'n hol vorm.

Maak klank harder met 'n boks.


Die aktiwiteit kan met die rek-aktiwiteit van vroeër gekombineer word.

MATERIALE

  • 'n Karton skoenboks of 'n plastiekhouer ('n margarienhouer of kosblik sal goed werk)
  • 'n rekkie (rubber)

INSTRUKSIES:

  1. Span die rekkie tussen jou hande en vra 'n vriend om dit te pluk.
  2. Trek nou die rek oor die boks. Die rekkie moet styf gespan wees. As dit nie styf is nie, gebruik 'n kleiner rek of 'n groter boks.
  3. Pluk die rekkie.
  4. Voel aan die kante van die boks terwyl die rek vibreer. Kan jy voel dat die boks ook vibreer? Jy kan 'n paar ryskorrels in die boks sit, sodat jy die vibrasie kan sien.
Die boks maak die klanke harder.


Kom ons som op wat ons geleer het:

  • Die boks laat die klank harder klink.
  • Die boks vibreer saam met die rek.
  • Die vibrasies van die bok maak 'n klank binne-in die boks.
  • Dit laat die klank harder klink.
  • Party musiekinstrumente het 'n hol vorm.
  • Die klank reflekteer in die holte.
  • Die kante van die hol vorm vibreer ook wanneer die klank binne-in weergalm.
  • Dit laat die klank harder klink.

Weet jy wat 'n eggo is? 'n Eggo is wanneer klank van van 'n oppervlak af bons en jy dit 'n klomp keer hoor. Kyk na die prent hieronder.

''n Eggo is wanneer klank van van 'n oppervlak af bons en jy dit weer hoor.

Waarom dink jy het 'n kitaar 'n groot holte?



Hierdie vraag volg op die vorige een en uit die vorige hoofstuk. Die holte laat die klank harder klink wanneer die snare gepluk word en die klank van die kante van die holte af reflekteer word. Die holte versterk die klank soos die vibrasies meer word.




Geraasbesoedeling


Daar is baie verskillende soorte besoedeling. Ongelukkig is ons gewoont aan rommel wat op die sypaadjies rondlê en gemors en afval wat in die riviere en damme opgaar. Dit is grond- en waterbesoedeling.

Rommel wat die kant van die pad besoedel.
Kyk na die besoedeling in die poel.

Lugbesoedeling is waneer rook en chemikalieë in die lug beland, wat dit sleg maak vir ons om in te asem.

Kan jy al die lugbesoedeling in die stad sien? Dit laat die stad rokerig lyk. Ons noem dit rookmis.

Daar is ander soorte besoedeling ook, dit sluit lug en geraasbesoedeling in. Geraasbesoedeling is enige klank wat hard is en vir 'n lang tyd aanhou, onaangenaam is of skadelik vir ons ore is.

Identifiseer geraasbesoedeling


VRAE

Skryf vyf klanke neer wat baie hard is: klanke wat skadelik vir jou ore is of klanke wat moeilik is om mee saam te leef.






Onderwyser bring instrumente wat 'n geraas maak skool toe. Potte en panne wat hulle teen mekaar slaan, deksels van potte en panne wat hulle teen mekaar slaan, naels wat oor-en-oor op die swartbord gekrap word, 'n trompet of ander soortgelyke instrument wat jy nie kan bespeel nie - maak net geraas. 'n Motorfiets wat aangeskakel word, harde musiek, die gejuig by sportwedstryde, 'n vliegtuig wat opstyg, Formule 1-renjae, om gate te boor met 'n handboor.

Kyk na die prent hier onder van 'n leerder in 'n baie lawaaierige omgewing. Identifiseer al die bronne van geraasbesoedeling.
'n Baie lawaaierige omgewing.



Mense wat praat, geraas van die taxi, mense wat uit die taxi skree, die lughamer op die sypaadjie, die vliegtuig in die lug, die uitlaatpyp en toeter van die die rooi kar, die musiek wat uit die radios in die meubelwinkel blaas.

Skryf 'n paar klanke neer wat soms raas, en soms nie raas nie.



musiek van ander karre/bure, kinders wat speel, sportwedstryde, motors wat ry, honde wat blaf.

Is daar enige geluide by die skool wat jou aandag kan aflei tydens klas en 'n ontwrigting veroorsaak? Dit is ook geraasbesoedeling. Skryf van hierdie dinge neer en skryf ook maniere neer hoe jy dink jou klas van die geraasbesoedeling in julle klas kan verminder.





Kan geraasbesoedeling ook leerders wees wat buite die klas verby loop? Of werkers of bouers wat by die skool 'n geraas maak? Miskien is daar 'n lawaaierige grassnyer buite. Moontlike oplossings kan wees om tekens buite die klaskamer op te sit wat leerders maan om stil te wees as hulle tydens lestyd in die gange loop, of om te beplan dat die meeste raserige aktiwiteite, of dit nou bou of grassny is, na skool gebeur (m.a.w. in die middag).


Rolspel oor geraasbesoedeling.


Jy gaan hierdie aktiwiteit moet fasiliteer. Lees saam met hulle deur die opdrag en gee hulle dan tyd om 'n teks te skryf. Die pare kry daarna kans om hul situasie op te voer. Dit is baie belangrik dat die situasie lei tot 'n algemene bespreking. Daar is gewoonlik nie 'n definitiewe regte of verkeerde antwoord in sulke gevalle nie; net respek en bedagsaamheid vir ander. Partykeer is "geraas" 'n noodsaaklike gevolg van werk en soms is dit 'n natuurlike gevolg van ontspanningsaktiwiteite. Laat leerders toe om hul eie verantwoordelikheid ten opsigte van ander in die situasie te sien, of hulle die geraasmakers is, of die mense wat onder die geraas ly.

INSTRUKSIES:

  1. Jy gaan 'n rolspel doen oor 'n situasie waar geraas 'n probleem kan veroorsaak. Doen dit in pare.
  2. Kies 'n aktiwiteit wat kan raas (televisie kyk, musiek speel, gate boor met 'n elektriese boor of enige ander aktiwiteit waaraan jy kan dink.)
  3. Een van julle moet die persoon wees wat die aktiwiteit doen. Jy moet jou eie rede hê waarom jy die geraas maak. Jy moet ook jou eie opinie hê oor hoeveel geraas jy maak.
  4. Die ander persoon moet naby wees. Hierdie persoon voel dat die eerste persoon te veel geraas maak. Jy moet jou eie opinie hê oor wat te veel geraas is.
  5. Voer 'n gesprek tussen die twee mense vir die klas op.

Dink aan die volgende:

Die persoon wat lawaai maak het regte. Die persoon wat kla het ook regte. Kan julle oor die weg kom? Kan julle 'n ooreenkoms bereik? Kan julle 'n kompromie aangaan?

Elke persoon het sy eie idees oor geraas. Ons moet met mekaar oor die weg kom. Wees altyd bewus van ander se gemak. Ons moet ook verstaan dat aktiwiteite wat raas, soms nodig is. Onthou altyd: Wat vir jou aanvaarbaar is, is dalk nie vir iemand anders aanvaarbaar nie.


Harde geluide kan jou ore beskadig.


Geraasbesoedeling maak dit onaangenaam in die area waar ons bly of werk. Geraasbesoedeling kan gevaarlik wees en permanente skade aan mens se gehoor aanrig. Selfs musiek wat te hard is, is geraasbesoedeling.

Die meeste geraasbesoedeling buite kom van boupersele en die geraas van motors en trokke. As jy naby 'n lughawe bly is daar baie geraasbesoedeling wat deur die klank van die vliegtuie gemaak word.

  • Harde klanke kan jou gehoor beskadig.
  • Dokters het gevind dat mense wat met baie harde masjienerie werk gehoorgestremd raak terwyl hulle nog jonk is.
  • Hulle het ook bevind dat harde musiek gehoorverlies kan veroorsaak. Harde versterkers en luidsprekers kan skadelik vir jou gehoor wees. Oorfone wat harde musiek speel kan ook jou gehoor beskadig.
  • Moenie na baie harde musiek luister nie - veral nie deur oorfone nie.
  • Party mense word gebore met 'n gehoorprobleem en hulle kan gehoorapparate gebruik om hulle te help om beter te hoor.
Gehoorapparate is baie klein en sit binne-in die oor van 'n gehoorgestremde persoon.

Soms kan geraasbesoedeling vermy word. Sommige fabrieke en boupersele is baie raserig plekke.

'n Bouperseel waar 'n werker oormussies dra om sy ore te beskerm.

Geraasbesoedeling is skadelik vir diere. Walvisse is 'n goeie voorbeeld. Walvisse kommunikeer met mekaar deur geluide te maak. Die geluide kan oor groot afstande deur die water beweeg tot by 'n ander walvis.As daar baie skepe is, maak dit ekstra geraas. Die water dra hierdie geluide baie vinnig, goed en baie ver. Dit maak dit moeilik vir die walvisse om met mekaar te kommunikeer. Dit is hoekom walvisse verdwaal in die oseaan.

'n Resiesperd met oormussies op sy ore.

Kan jy sien dat die resiesperd se ore bedek is? Hoekom dink jy het hulle dit gedoen?



Dit beskerm die resiesperd van die geraasbesoedeling van die toeskouers en die stadion sodat sy aandag nie afgelei word terwyl hy moet resies jaag nie.




  • Musiekinstrumente maak klanke deur vibrasie.
  • Vibrasies kan gehoor en gevoel word.
  • Klank beweeg weg van die bewegende dele wat vibreer.
  • Klank het steeds 'n medium (materiaal) nodig om deur te beweeg.
  • Klanke kan hard of sag wees (volume)
  • Klank kan hoog of laag wees (toonhoogte)
  • Klanke kan onaangenaam en skadelik wees.
  • Klanke kan jou gehoor beskadig.


Waarom is klank belangrik vir ons?



kommunikasie, pret

Bou 'n "telefoon" met 'n tou en twee blikkies. Verduidelik hoe die telefoon werk.





Deur in die blikkie te praat, laat jy die blikkie vibreer. Die vibrasie beweeg langs die tou af. Die blikkie aan die ander kant tel die vibrasie op wat jou toelaat om die vibrasies te sien en te hoor.

As 'n klank op die maan gemaak word, kan dit nie eers op die maan gehoor word nie. Verduidelik hoekom dit so is.



Klank het 'n medium (materiaal) nodig om deur te beweeg. Daar is nie lug op die maan nie, daarom kan die vibrasies nie beweeg nie.

Walvisse kan met mekaar oor honderde kilometers onder die see praat. Dink jy die deeltjies in die water is naby aan mekaar soos 'n vastestof of ver van mekaar soos 'n gas?



Naby aan mekaar aangesien die klank ver kan beweeg.

As jou dokter na jou hartklop wil luister, gebruik sy 'n spesiale instrument. Hierdie instrument word 'n stetoskoop genoem.
'n Dokter wat 'n stetoskoop gebruik.

A stethoscope is simply a long tube of air with a membrane on the side that goes on the patient's chest or back. Explain how you think a stethoscope works.





Y

Hierdie is 'n moeilike vraag en leerders mag dalk leiding en leidrade nodig hê om dit te beantwoord. Die membraan teen jou bors of rug vibreer as dit jou hartklop optel. Hierdie vibrasie beweeg deur die lug in die buis na die dokter se ore toe sodat hy die hartklop kan hoor.

Wanneer jy na die radio of TV luister, kan jy die volume verander. Wat gebeur met die vibrasies as jy die volume harder sit?


vibrasies word groter

Wat maak sommige klanke aangenaam en ander onaangenaam?



toonhoogte, volume en persoonlike voorkeur.

Skryf drie beroepe neer waar daar harde geraas is.




lughamer operateur, die grondpersoneel vir 'n vliegtuig, om in 'n staalmeul te werk, enige sinvolle antwoord.

Die mense wat hierdie werke doen kan dalk hulle gehoor beskadig. Gee hulle advies oor hoe om hulle ore te beskerm.


dra oorpluisies

Waarom het die man in die prent oormussies oor sy ore?
'n Man wat oormussies dra http://www.flickr.com/photos/usfwsnortheast/6022721392/


Hy het oormussies aan omdat die motor wat hy ry moontlik baie harde geluide maak. Hy kan oor tyd sy ore beskadig as hy hulle nie beskerm nie.

Waarom is dit 'n gesondheidsrisiko om jouself en ander jong mense aan harde musiek bloot te stel?



Dit beskadig jou ore en affekteer jou gehoor vir ewig.