Die Maan


  • Waarom is die Maan sommige nagte helderder as ander nagte?
  • Waarom lyk dit of die Maan sy vorm verander?
  • Waar kan ons meer inligting kry oor die Maan se oppervlak?

Kenmerke van die Maan.


Onthou jy die kenmerke van die Aarde? Nou gaan ons na die kenmerke van die Maan kyk. Kom ons besoek die Maan! Jy het alreeds you vuurpyl in die klas gebou en nou gaan ons ons verbeel is ruimtevaarders wat met ons vuurpyl na die Maan gaan vlieg om dit te gaan verken.

Die Maan is 'n rotsbal in die ruimte.

Die Maan verskil baie van die Aarde. Die Maan is ook nie 'n planeet nie. Dit is van rots gemaak en beweeg in 'n sirkel om die Aarde . Onthou jy dat ons gesê het dat die planet om die son wentel? Net so wentel die Maan om die Aarde.

Volmaan


Op die Maan is daar merke en vorms. Wat dink jy is daardie merke?



Laat die kinders die merke en vorms op die Maan bespreek. Hulle vorm hul eie hipotese. 'n Hipotese is 'n raaiskoot waar hulle van hul kennis gebruik maak.

Hoe kan ons uitvind wat die merke op die Maan se oppervlak is?



Ons sal na die Maan toe moet gaan en die oppervlak bestudeer. Vir die onderwyser: Vertel die leerder dat hulle in hul verbeelding 'n besoek aan die Maan gaan aflê. Hulle sal 'n vuurpyl moet bou om daar te kom.


Maanfeite

  • Die Maan is 384 000 km van die aarde af.
  • Die Maan bestaan uit rots en die oppervlak is rotsagtig en is met grys sand bedek
  • Daar is geen lug of water op die Maan nie.
  • Die Maan is kleiner as die Aarde
  • 'n Mens is massa is minder op die Maan as op die Aarde omdat die Maan se aantrekkingskrag minder is as die van die Aarde.
  • Die Son is baie verder weg van die Aarde as wat die Maan van die Aarde af is.

Verkenning van die Maan


In 1969 het die vuurpyl en ruimtetuig, Apollo 11, soos in die prentjie hieronder, die eerste drie mense na die Maan geneem.

Die prent wys hoe die vuurpyl gelanseer word en opgaan na die ruimte. Hierdie vuurpyl is so hoog soos 'n 30 verdieping gebou.

Die vlamme wat jy by die agterkant van 'n vuurpyl sien uitkom, is warm gasse. Die stofwolke wat op die prentjie sien, is die gasse wat die grond tref en die stof aan weerskante wegblaas. Die drie mans word ruimtevaarders genoem. Hulle was in 'n klein ruimtetuig aan die voorpunt van die vuurpyl

Die groot vuurpyl het al die brandstof verbrand en teruggeval na die aarde toe waar dit in die see geval het. Net die klein ruimtetuig, met die ruimtevaarders binne-in, het na die Maan gevlieg.

Hierdie is die ruimtetuig wat na die Maan toe gegaan het en daar geland het.

Verbeel jou jy is in daardie vuurpyl!

Jy beweeg deur die ruimte teen 'n spoed van 5 800 kilometer per uur. Na drie dae bereik jy die Maan. Jy kan sien dat die Maan so rond soos 'n bal is. Jy sien die oppervlak is onegalig met berge en kraters.

Die oppervlak is die buitekant van 'n voorwerp. Jy kan jou hand vryf op die oppervlak van jou tafel. 'n Krater word gevorm wanneer iets die oppervlak getref het. As jy 'n klip in die sand gooi, vorm dit 'n krater in die sand

Laat die kinders die storie vir hulself lees. Berei hulle voor deur die volgende:

Vra hulle om die volgende woorde te soek en te onderstreep:

oppervlak (=die aarde se oppervlak word bedek met grond en die see)

helm (='n harde struktuur wat'n mens se kop beskerm. Motorfietsryers en fietsryers daar valhelms)

radio (='n toestel om boodskappe mee op te vang en te stuur)

krater (= gat in die grond)

beskermende glas (= glas wat jou oë teen die son beskerm)

temperatuur ( = hoe warm of koud iets is)

Verduidelik dan die betekenis van die woorde aan die kinders.

As jy die storie vir die kinders gaan lees, moet jy by elk van hierdie woorde stop en vir die kinders vra om dit hardop te lees. Die verseker dat hulle die nuwe woord binne konteks aanleer en om vas te stel of hulle die teks volg.


Wat kry ons op die Maan?

Lees hierdie storie, of luister terwyl jou onderwyser dit hardop lees:

Die ruimtetuig beweeg stadig af na die Maan se oppervlak, en blaas 'n groot stofwolk op. Daar is geen lug op die Maan nie, en dus val die stof vinning terug na die maanoppervlak. Ons trek ons ruimtepakke aan. Ons dra lugtenks sodat ons kan asemhaal, radios om met mekaar te kommunikeer en spesiale glashelms om ons oë teen die Son te beslerm.

'n Ruimtevaarder loop in sy ruimtepak op die Maan.

Die grond onder ons voete bestaan uit grys sand, stof en klein klippe.

Die kraters wat ons sien is groot gate in die oppervlak van die Maan. Rotse wat baie vinnig deur die Ruimte beweeg tref partymaal die Maan. Waar hierdie rotse met die Maan bots, maak hulle groot gate omring deur 'n kring sand en rots.

Die lug is swart, nie blou nie. Ons kan die sterre en die Son tegelyk sien. Die Son is baie helder, baie helderder as op Aarde, en ons is bly dat ons beskermende glas in ons helms het.

Soos ons op die maan rondloop, is die grondtemperatuur warmer as kookwater, maar as ons in die skaduwee van 'n groot rots of die ruimtetuig staan, is die temperatuur baie kouer as ys. Die temperatuur is so veranderlik omdat die Maan geen lug het nie. Op Aarde verhoed lug dat die aardoppervlak te warm of koud raak.

Ek is 'n ruimtevaarder op die maan


VRAE:

Hoekom dra die ruimtevaarder in die prentjie 'n donker glasskerm wat sy hele gesig bedek?



Nee. Die glasskerm hou ook die lug in sy ruimtepak.

Hy dra 'n groot pak op sy rug. Dink aan drie dinge wat in hierdie pak kan wees.



Water, batterye, radio en 'n afkoelsisteem om hom koel te hou. Moenie die leerders toelaat om te raai nie; leer hulle om afleidings te maak vanuit die storie wat hulle nou net gelees het.

Die sand op die Maan lyk asof dit 'n ligte kleur het. Waarom gee die Maan dan lig af in die nag?




Die sand maak nie self lig nie. Die Maan is soos 'n grys muur waarop die Son skyn. Die grys muur verlig 'n donker kamer.

Teken jouself of die Maan. Gee jou prentjie die opskrif: Hierdie tekening toon my op die Maan. Wys die beskermende ruimtepak wat jy dra, en dui die verskillende dele van die pak met byskrifte aan.










Hierdie is die Aarde soos gesien vanaf die oppervlakte van die Maan.



Die fases van die Maan


'n Fase is 'n tydsperiode. Byvoorbeeld, jy is nou in die Intermediêre Fase van skool. In Graad 7 sal jy in die Senior Fase wees.

Soos die Maan rondom die Aarde wentel, lyk dit asof die Maan 'n vormvrandering in die lug ondergaan. Die Maan verander van 'n dun sekelvorm na 'n vol sirkel of skyf (volmaan), en krimp dan weer terug na 'n dun sekelvorm. Hierna is dit dan vir 'n paar dae onsigbaar, voor die siklus weer aangaan. Hierdie veranderinge in die Maan se vorm word die Maan se fases genoem.

Kyk na die diagram wat al die fases van die Maan toon.

Die Maan beweeg in 'n wentelbaan om die Aarde. Die Maan neem omtrent 229½ dae om rondom die Aarde te gaan en na sy oorspronklike posisie terug te keer. Hierdie tydsduur is amper een maand lank, en dus verloop bykans een maand tussen een volmaan en die volgende volmaan.

Die Maan verander elke aand van vorm soos die Aarde se skaduwee op die Maan gooi. Afhangende van die posisies van die Maan, Aarde en Son met betrekking tot mekaar, skerm die Aarde verskillende hoeveelhede sonlig van die Maan af, en werp dus sy skaduwee op die Maan. Soos die Maan om die Aarde beweeg, word verskilende skaduwees deur die Aarde op die Maan gewerp, wat dit laat lyk of die Maan aanhoudend van vorm verander.

Die Maan wentel een maal elke 29½ dae om die Aarde.

Waarom verander die Maan van vorm gedurende die maand?

Die Son skyn op die Maan, maar daar is altyd 'n deel van die Maan wat die sonstrale nie kan bereik nie. Ons kan die deel sien wat deur die sonstrale getref word, maar nie die donker gedeelte wat in die Aarde se skaduwee is nie.

Indien u nie hierdie aktiwiteit buite kan doen nie, stel dan 'n groot spieël op om sonlig in die klas in te skyn.

Maak 'n model van die Aarde, Son en Maan


Hierdie model sal help om die Maan se vormveranderings gedurende die maand beter te verstaan.

BENODIGHEDE:

  • 'n klein bal om die Maan voor te stel
  • 'n sonnige dag!

INSTRUKSIES:

  1. Hierdie aktiwiteit moet buite gedoen word, vroeg in die oggend terwyl die Son nog laag is.
  2. Begin met jou rug na die Son.
  3. Hou jou "Maan" voor jou, soos in die prent aangedui.
  4. Jou kop is die Aarde, en jou neus is Afrika. Jy kyk vanaf Afrika. Watter fase van die Maan sien jy?

Hou nou die "maan" met die Son agter jou.

  1. Hou jou arm uitgestrek en draai in die rondte totdat die maanmodel tussen jou en die Son is. Nou sien jy slegs die skadukant van jou "maan". Wat jy nou sien is die nuwemaan.
  2. Hou jou arm uitgestrek en beweeg jou "maan" na jou regterkant totdat 'n bietjie sonlig op die regterkant van jou "maan" val.

Ingeval u wonder, die leerders beweeg die bal (die "maan") na hul regterkant aangesien hulle in die suidelike halfrond is.

  1. Watter vorm van die Maan het jy nou? Dui die korrekte prentjie aan in die tabel waarin die maanfases getoon word.
  2. Draai meer na jou regterkant totdat helfte van die "maan" verlig is.
  3. Watter vorm sien jy nou? Dui die korrekte prentjie in die tabel aan.
  4. Draai jou rug na die Son, sodat jy lig oor die hele kant van jou "maan" sien. Hierdie is soos 14 dae wat verbygaan.
  5. Watter vorm van die "maan" het jy nou? Dui die korrekte prentjie in die tabel aan.
  6. Draai nog verder na jou regterkant. Wys aan jou onderwyser hoe jy die vorm in die tabel kan kry. Hierdie is soos 21 dae wat verbygaan.

Die Maan neem omtrent 29½ dae om rondom die Aarde te gaan en na sy oorspronklike posisie terug te keer.

VRAE:

As dit vanaand nuwemaan was, hoeveel dae sal dit neem totdat die Maan weer vol is.


Omtrent 14 dae

Hoeveel dae sal dit neem vir die Maan om weer nuwemaan te wees?


29½ dae vanaf een nuwemaan na die volgende nuwemaan


Voer die maanwaarnemingsaktiwiteit uit, terwyl u aangaan met ander werk, aangesien dit 1 maand sal neem om te voltooi. U mag verkies om die leerders los bladsye te gee om te gebruik vir hulle maanwaarnemings, sodat hule nie hul werkboeke huistoe hoef te neem nie.

Waarneming van die Maan se fases


BENODIGHEDE:

  • Potlood om te teken
  • Waarnemingsvel

INSTRUKSIES:

  1. Oor 'n tydperk van 'n maand, kyk elke aand op dieselfde tyd na die Maan
  2. Skryf die datum neer in die relevante blokkie in die waarnemingsblad hieronder.
  3. Teken die vorm van die Maan wat jy elke nag sien in die tabel hieronder.
  4. Kyk of jy die naam en fase kan identifiseer en skryf dit in die blokkie onder jou tekening neer.
  5. Indien slegte weer verhoed dat jy die Maan kan sien, skryf dan "Slegte weer" in die blokkie.

Waarnemingsvel

Week 1

Maan

Din

Woe

Don

Vry

Sat

son

Maanvorm

Fasenaam

Week 2

Maan

Din

Woe

Don

Vry

Sat

son

Maanvorm

Fasenaam

Week 3

Maan

Din

Woe

Don

Vry

Sat

son

Maanvorm

Fasenaam

Week 4

Maan

Din

Woe

Don

Vry

Sat

son

Maanvorm

Fasenaam




Maanstories

Baie kulture het veskillende stories oor die Maan. Hierdie stories vertel ons van die belangrikheid van die Maan in mense se lewens.

Hier is 'n paar stories oor die Maan vanuit verskillende kulture.

Die Maan en die Haas

Die kaas en die Maan het mekaar een aand by 'n watergat ontmoet. Die haas was besig om sy gesig met water te was. Die water het stil geword, soos 'n spieël. Hy het homself in die water gesien, maar toe sien hy dat die Maan mooier as hy was.

Die haas vat toe modder vanaf die kant van die watergat, en gooi die in die Maan se gesig. As jy vannaand na die Maan kyk, sal jy sien dat die modder nog steeds daar is.


Wat dink jy het die mense wat hierdie storie vertel het op die Maan gesien, wat hulle as "modder" op die Maan se gesig beskryf het?

Moontlik kraters, wat donkerder voorkom.

Dink jy dit was reg dat die haas modder na die Maan gegooi het?



Watter emosie het die haas ervaar?


jaloesie



Die Maan en die Son

Moedig die leerders aan om die storie vir hulself te lees. Indien hulle nog nie hiertoe in staat is nie, doen 'n voor-lees aktiwiteit: vra hulle om die volgende woorde te vind en te onderstreep: gebrand; lief; jaloers; kwaad; rede; verduistering Verduidelik wat hierdie woorde beteken. Lees dan die storie hardop uit, en rus wanneer u by een van die onderstreepte woorde kom. Die leerders moet hierdie woorde hardop sê sodat u kan bevestig dat hulle die teks volg.

Eendag lank gelede was die Son en Maan getroud, en hulle het baie kinders - die Sterre - gehad.

Die Son was baie lief vir sy kinders, en hy wou hulle altyd vashou. Maar hy was baie warm, en dit het veroorsaak dat die Sterre gebrand het.

Die Sterre het nie daarvan gehou om te brand nie, en gevolgik het hulle altyd weggehardloop en weggekruip as die Son opgekom het. Maar die Sterre het daarvan gehou om saam met hulle ma, die Maan te wees, omdat sy die koel een was. Die Maan het merke op haar gesig gehad, en sy was pragtig.

Hierdie het die Son baie jaloers gemaak, en hy was kwaad vir die Maan. Dit is die rede waarom die Son die Maan uit die daghemel uitgejaag het. Sommige dae kan 'n mens haar nog gedurende die dag sien, maar die Son vang haar omtrent nooit nie.

Daar is tye wanneer die Maan tussen die Son en die Aarde kom, en ons die Son sien donker word. Hierdie gebeurtenisse word sonsverduisterings genoem.

Die Son jaag die Maan dwarsoor die hemelruim.


In hierdie storie, wie is die vader, wie is die moeder, en wie is die kinders?



Die Son is die vader, die Maan is die moeder, en die Sterre is die kinders.

In hierdie storie, wat gebeur in die oggend wanneer die Son opkom?


In die oggend het die Sterre weggehardloop en weggekruip

Hoe weet jy dat herdie storie nie waar is nie?



Die Son en die Maan kan nie trou nie, hulle kan nie kinders hê nie; die Son het nie emosies soos jaloesie en kwaadheid nie. Vir die onderwyser: Hierdie storie help mense om the onthou wat in die dag- en naghemele gebeur, en mense geniet stories soos hierdie een. Maar die wetenskap vertel 'n ander soort storie; die wetenskap probeer om dinge wat gebeur te verklaar deur van wetenskaplike kennis gebruik te maak.

Hierdie storie help ons om 'n paar ware feite te onthou. Noem een of twee ware feite wat ons uit hierdie storie kry.



Die Son en die Maan beweeg deur die hemelruim op amper dieselfe paaie; die volmaan gaan in die weste onder trwyl die Son in die ooste opkom. Soms word die Son donker wanneer die Maan voor dit verbygaan.

Hoekom is die Son en die ander sterre warm?



Hulle is groot bolle gas waarin een tipe gas na 'n ander een verander word - 'n proses wat baie hitte afgee. Dit is waarm hulle so warm is.

Waarom verdyn sterre in die werklike hemelruim wanneer die Son opkom?



Die Son is baie helderder as die Sterre, en gevolglik kan ons nie die lig van die Sterre sien nie, al is hulle nog daar.

In die werklike hemelruim, kan 'n mens ooit die Maan in die dag sien?


Ja, sommige dae kan jy.



  • Die Maan is 'n groot bal rots.
  • Dit beweeg deur die Ruimte en gaan (wentel) om die Aarde
  • Dit weerkaats lig vanaf die Son na die Aarde
  • Die Maan het fases as gevolg van sy posisie met betrekking tot die Son en Aarde


Waarvan is die Maan gemaak?


Rots

Hoekom gee die Maan vir ons in die nag lig?



Sonlig skyn op die Maan en 'n gedeelte daarvan bons terug na die Aarde.

Hoeveel dae moet verbygaan tussen 'n aand wat die Maan vol is, en die volgende volmaan?


29 1/2 dae

Wanneer ons 'n halfmaan sien, lyk dit soos die letter D. Hoekom kan ons net die helfte van die Maan sien?



Die ander helfte kry nie enige lig vanaf die Son nie, en dus kom geen lig van daardie helfte af na ons toe nie.

Wat noem ons die veranderende patroon van vorms van die Maan gedurende die maand?


Fases van die Maan

Rangskik die Aarde, die Son en die Maan van grootste na kleinste.


Son, Aarde, Maan


Dit is alles! Jy is klaar met Graad 4!