Mengsels en water hulpbronne


  • Waarom is dit belangrik vir mense, plante en diere om toegang tot skoon water te hê?
  • Wat is die verskil tussen skoon en besoedelde water?
  • Wat is die verskillende dinge wat 'n rivier kan besoedel?
  • Waarom is dit nodig om vleilande te beskerm?

Ons het geleer dat water baie stowwe kan oplos - water is 'n goeie oplosmiddel. Wanneer water ongesonde stowwe in het, sê ons die water is besoedel. Besoedelde water is nie skoon nie.

Water besoedeling


Wanneer is water skoon? Ons kan sê dat skoon water is water wat geen besoedelstowwe in het nie.

En wat is besoedelstowwe? Besoedelstowwe is stowwe (of voorwerpe) wat nie natuurlik in die water hoort nie, en wat skadelik vir ons en die omgewing is.

Besoedelstowwe kan enige van die volgende wees:

  • Onoplosbare besoedelstowwe: Hierdie is goed wat nie in water oplos nie, maar dit vuil maak, soos olie, vullis en toilet-afval (riool).
  • Oplosbare besoedelstowwe: Hierdie is chemikalieë soos sepe, bemestingstowwe en gifstowwe, soos insekdoders en sure.
  • Lewende organsmes soos bakterieë, wat mense en diere kan siek maak.

Daar is 'n interessante term in die video oof Waterbesoedeling: " natuurlike besoedelstowwe". Dit is 'n goeie onderwerp vir 'n kort bespreking. Slegs dinge wat heeltemal natuurlik is, kan as besoedelstowwe optreë wanneer hulle in groot hoeveelhede vrygestel word. Menslike riool is 'n ekstreme voorbeeld. Meeste ekosisteme is "gebuffeer" teen abnormale hoeveelhede van sulke stowwe, maar dan ook net tot op 'n punt.

in die volgende aktiwiteit gaan ons besoedeling en waar dit vandaan kom, bespreek.

Dink oor besoedeling


INSTRUKSIES

  1. Ons gaan besoedeling bespreek.
  2. Die volgende prente van verskillende besoedelde waterbronne, en die vrae wat volg, is bedoel om die bespreking te lei.
Besoedeling in 'n dammetjie
'n Besoedelde rivier
Besoedeling aan die kus.
Mense het hierdie stroom gebruik om gemors weg te gooi.
'n Oliestorting.

VRAE:

kyk na die prente hierbo en maak 'n lys van al die voorwerpe wat nie in die water hoort nie.



Plastieksakke, buitebande, papier, polistireen, bottels, winkeltrollies, blikkies, metaal-asblik, olie.

Wat is die drie hoofkategorieë van besoedelstowwe wat in water gevind word?



Onoplosbare besoedelstowwe

Oplosbare besoedelstowwe

Bakterieë wat siektes veroorsaak

Watter kategorie van besoedelstowwe sal jy met die blote oog kan sien?


Onoplosbare besoedelstowwe.

Watter kategorie van besoedelstowwe sal jy nie met die blote oog kan sien nie?


Oplosbare besoedelstowwe en kieme.

Hoe dink jy beland onoplosbare besoedelstowwe in die water?



Mense laat afval in die water val in plaas daarvan om dit in 'n vullissak te sit vir verwydering, en mag selfs die water as 'n toilet gebruik, wat kieme in die water loslaat.

Hoe dink jy beland oplosbare besoedelstowwe in die water?



Daar is baie voorbeelde:

Reënwater kan kunsmis en insekdoders vanaf plaaslande tot in riviere en ander waterbronne in spoel.

Mense kan toelaat dat hulle huishoudelike water (wat seep en opwasmiddels bevat) direk in die riviere in loop.

Industrieë kan besoedelde effluent of afvalwater in die riviere laat inloop. (Effluent is die term vir vloeibare afval of riool wat in riviere of die see gestort word).

Hoe dink jy dat bakterieë, wat siektes soos diarree en cholera veroorsaak,in water beland?



Bakterieë beland in water meestal wanneer mense en diere waterbronne vir toilette gebruik. Mense en diere het bakterieë wat natuurlik in hulle verteringsstesels voorkom, maar buite hierdie omgewing is hulle skadelik.

Hoe dink jy beland olie in die water, veral in die oseane?



Motors mors olie en ander chemiese besoedelstowwe orals. Dit spoel dan in die reënwater-afvoersisteem na die riviere en oseane. Nog meer dramaties is die groot rampe wat plaasvind wanneer skepe wat olie dra bots en oopbars, of wanneer olie deur oliebore in die see gemors word.

Wat het al 3 kategorieë besoedelstowwe in gemeen?



Leerders mag sê: 'Hulle hoort nie in skoon water nie'. Help hulle om in te sien dat dit hoofsaaklik deur menslike aktiwiteite is dat waterbronne besoedel word.



Het jy opgelet dat mense en hulle aktiwiteite dikwels die rede is hoekom water besoedel word?

As mense vergeet ons dikwels dat ons hierdie natuurlike hulpbron met baie ander organismes deel. Baie van ons aktiwiteite verander die kwaliteit van water op 'n manier wat die gesondheid en gedrag van ander organismes beïnvloed.

Dus as mense het ons 'n baie belangrike verantwoordelikheid om ons waterhulpronne op te pas.

Belangrikheid van vleilande


Die natuur het spesiale metodes om besoedelde water skoon te maak. In die natuur word water gesuiwer in natuurlike omgewings wat vleilande genoem word. Vleilande is baie effektiewe natuurlike 'waterbehandelingsisteme', en in hierde afdeling gaan ons leer hoe hulle werk.

Wat is vleilande?


'n Paar handige dokumente is beskikbaar by hierdie webskakels en mag gebruik word, solank as wat hulle as bron erken word. 'n Voorstel is om die skool te kry om hulle in kleur uit te druk.

http://www.wetland.org.za/ckfinder/userfiles/files/2_1-%20MWP%20wetland%20basics%20presentation%201%281%29.pdf and http://www.wetland.org.za/ckfinder/userfiles/files/2_2-%20MWP%20wetland%20basics%20presentation%202.pdf

'n Gebied is 'n vleiland as dit die volgende het:

  • moerasagtige grond
  • waterliewende plante
  • 'n hoë watertafel

As die grond moerasagtig is, beteken dit dat dit vol water is. Die watertafel verwys na die vlak in die grond waaronder al die grond vol water (moerasagtig) is. As die watertafel in 'n gebied hoog is, dan beteken dit dat hierdie vlak naby die oppervlak is. In sulke gevalle sal die water nie in die grond af dreineer nie, maar op die oppervlak bly om 'n vleiland te vorm.

Voorbeelde van vleilande is:

  • moerasse
  • vloedpleine
  • draslande
  • damme en panne
  • spruite en fonteine
  • rivermondings
  • riverbanke

Kyk na de verskillende prente van vleilande

Vleilande is nie noodwendig dwarsdeur die jaar nat nie:

  • 'n Tydelike vleiland is nat vir tussen 1 en 4 maande van die jaar.
  • 'n seisonale vleiland is nat tydens die reënseisoen. Dit beteken dat dit nat sal wees vir tussen 5 en 11 maande van die jaar, afhangende van die lengte van die reënseisoen.
  • 'n Permanente vleiland is dwarsdeur die jaar nat.

Hoekom is vleilande so belangrik?

Vleilande is baie spesiale plekke wat beskerm moet word. Maar hoekom is hulle so belangrik?

Drie unieke eienskappe van vleilande maak hulle baie belangrik.

  1. Vleilande is soos reuse sponse.:

Vleilande suig water op en stoor dit. Tydens 'n droogte, wanneer daar nie veel reën is nie, kan hierdie gestoorde water riviere en strome help om aan te hou vloei sodat diere en plante aan die lewe kan bly.

  1. Vleilande vertraag vloedwater:

Water wat in vloed is, vloei so sterk en vinnig dat dit gevaarlik is. Dit kan mense en diere verdrink en skade aanrig aan eiendom en die omgewing, laasgenoemde onder andere deur gronderosie. Vloedwater vloei stadiger wanneer dit 'n vleiland binnevloei, omdat die vleiland 'n groot area is wat 'n groot hoeveelheid water kan hou.

  1. Vleilande is natuurlike filtrasiesisteme virdie suiwering vanwater:

As water deur 'n vleiland vloei, word dit gefiltreer. Gronddeeltjies en sedimente, voedingstowwe, sowel as besoedelstowwe en siekte-veroorsakende organismes wat die water ongesond maak, word deur plante opgevang.

Met betrekking tot die filtrering van besoedelstowwe, kan slegs sekere soorte en in sekere hoeveelhede gefiltreer word. Onoplosbare afval soos plastiek moet nie in 'n vleiland opeindig nie. Bakterieë en ander gevaarlike organismes word geneutraliseer. Chemiese besoedelstowwe soos swaar metale word vasgevang, maar as hulle in te groot hoeveelhede gekonsentreer raak, kan hulle slegs verwyder word deur die plantmateriaal waarin hulle vasgevang is, te verwyder.

Maak van 'n model van 'n vleiland


Onderwysersnota: Die rede om hierdie aktiwiteit te doen, is om leerders te help verstaan hoe verskillende oppervlaktes, veral wanneer hulle met plante bedek is, water toelaat om teen verskillende tempos te dreineer, wat die grond toelaat om baie van die water te behou, en ander oppervlaktes om baie water te verloor. Dit sal ook wys hoe vleilande help om watervloei stadiger te maak, en dit te filtreer.

MATERIALE

  • grasmos of enige ander tuinmos
  • bakstene
  • sand
  • grond
  • vlak plastiekbakkies (omtrent 7-10 cm diep)
  • hardebord
  • gieter
  • meetapparaat om 2 liters water af te meet
  • hand- of elektriese boor (om slegs onder STRENG, VOLWASSE TOESIG gebruik te word)
  • horlosie of stophorlosie
  • plastiek venster blombak

Die gieter moet van die tipe wees wat 'n 'stortkop-tipe' voorpunt het, wat reënval sal simuleer.

INSTRUKSIES

  1. Boor 'n gat in die middel en aan die onderkant van een kant van die plastiek blombak.
  2. Pak 2 lae bakstene, die venster blombak, en die hardebord soos in die illustrasie geton.
  3. Posisioneer die gat wat jy in die die bakkie geboor het oor die middel van die hardebord, sodat jy nie per ongeluk water wat in die blombak moet inloop, oor die kante verloor nie.
  4. Vul jou gieter met 2 liter water.
Opstelling vir die dreineringseksperiment.
  1. Mos word in vleiland gebiede soos moerasse en waterweë gevind. Plaas die mos in die bakkie bo-op nat grond. Gooi 2 liter water stadig en eweredig oor die mos. Hou tyd van hoe lank dit neem vir die water om deur die mos te filtreer en in die blombak in te loop.
    1. Hoe lank het dit geneem vir die water om in die blombak in te loop?


    2. Waarom dink het dit so lank vir die water gevat om weg te dreineer?



Mos hou water baie goed en dit is waarom dit so lank neem vir die water om af te dreineer.

Onderwysersnota: Miskien moet iemand agterbly om die tyd te hou vir daardie eksperiment, terwyl die res na die ander aanbeweeg.

  1. Herhaal hierdie eksperiment met sand - dit is wat gebeur in die Namib- of Saharawoestyne.
    1. Hoe lank het dit geneem vir die water om in die blombak in te loop?


    2. Waarom dink het dit so lank vir die water gevat om weg te dreineer?



Sand hou water glad nie baie goed nie. Dit is waarom die water so gou weggedreineer het.

VRAAG:

Wat het jy omtrent die verband tussen plante en waterdreinering in vleilande geleer, deur hierdie eksperiment te doen.

Leerderafhanklike antwoord


Vleilande is ook belangrik omdat hulle 'n habitat aan verskillende plant- en dierspesies bied. Vleilande is belangrik as gevolg van hulle biodiversiteit.

Ask the learners why biodiversity is important. This is a link back to what they did in Life and Living.


Onthou jy dat jy habitatte in Gr 4 and Gr 5 bestudeer het? Wat word deur 'n habitat aan 'n organisme verskaf?



'n Habitat verskaf voedsel, water, skuiling, 'n plek om kleintjies groot te maak, 'n plek om van roofdiere af weg te kruip.

Bespreek met 'n maat hoe julle die term 'biodiversiteit' verstaan, en skryf dit hieronder neer



Biodiversiteit verwys na die verskeidenheid organismes (plante en diere) in 'n spesifieke gebied. 'n Gebied met 'n hoë biodiversiteit sal baie verskillende plant- en dierespesies hê.


Laat ons nou 'n bietjie navorsing doen oor die vleilande in Suid-Afrika, en hul belangrikheid.

Voordat die volgende aktiwiteit gedoen word, word dit aanbeveel dat u die Powerpoint voorlegging aan die studente wys.

http://www.wetland.org.za/ckfinder/userfiles/files/2_1-%20MWP%20wetland%20basics%20presentation%201(1).pdf

Indien dit nie moontlik is nie, kan die voorlegging in gedrukte formaat aan die leerders gegee word.

Bestudeer die verskillende vleilande in Suid-Afrika


MATERIALE

  • pamflette, plakkate en enige ander leesstowwe oor vleilande
  • boeke of ander leesmateriaal van die huis af, of gedrukte bladsye vanaf die internet
  • plakkaat materiale: karton, gom, kleurpotlode, skêr, prente, ens.

Organiseer 'n besoek aan 'n natuurreservaat om 'n vleiland van naderby te bestudeer, of nooi 'n spreker vanaf 'n natuurbewaringsgebied (soos SANParke) om met die klas oor vleilande te praat. VOOR die besoek: vra leerders om deur die inligting wat na die skool gebring is, sowel as die boeke en leesmateriaal in die klas, te lees. Vanuit hierdie inligting stel ten minste 5 vrae op wat aan die natuurbewaringsbeampte gevra kan word wanneer hy/sy die klas kom besoek, of wanneer die natuurbewaringsgebied besoek word. Ten minste 2 van hierdie vrae moet oor die gevare waaraan vleilande blootgestel is gaan.GEDURENDE die besoek Sê aan leerders om the ONTHOU om nota's te maak terwyl hulle na die natuurbewaringsbeampte luister.NA die besoek: In hulle groepe moet leerders 'n plakkaat oor vleilande maak, deur gebruik te maak van die vrae om hulle te help. NB. Indien u nie daarby uitkom om 'n vleiland te besoek nie, moet leerders in elk geval die navorsingstaak voltooi deur die internet en boeke te gebruik as bronne om die vrae te beantwoord en as 'n plakkaat voor te lê.

INSTRUKSIES

  1. Jy mag dalk 'n vleiland naby jou skool kan besoek, of 'n praatjie deur 'n bewaringskundige hoor.
  2. Indien jy nie hierdie geleentheid kry nie, moet jy nog steeds die projek voltooi deur die internet en boeke te gebruik as bronne om die vrae hieronder te beantwoord.
  3. Jou verslag moet in die vorm van 'n plakkaat voorgelê word.

VRAE OM IN JOU VERSLAG TE BEANTWOORD:

  • Wat is 'n vleiland?
  • Wat doen 'n vleiland vir die omgewing?
  • Wat doen 'n vleiland vir plante en diere?
  • Wat verskaf 'n vleiland aan mense?
  • Wat is die omgewingsgevare wat vleilande bedreig?
  • Kies 'n spesifieke vleiland en evalueer die habitatte, biodiversiteit en waterkwaliteit van hierdie vleiland.
  • Wat sal die invloed op biodiversiteit en waterkwaliteit wees as hierdie vleiland verlore sou gaan?


Vleilande moet beskerm word want:

  • hulle is natuurlike watersuiweringsisteme;
  • hulle tree as sponse op waarin water in die nat seisoen gestoor word, en verskaf water in die droë seisoen; en
  • hulle vertraag vloedwater om skade aan eiendom en die omgewing te verhoed.
  • Skoon water is krities belangrik om die gesondheid van mense, diere en plante te verseker.
  • Water kan besoedel word deur onoplosbare stowwe, oplosbare stowwe end siekte-veroorsakende organismes.
  • Vleilande tree as natuurlike watersuiweraars op, omdat hulle oplosbare en onoplosbare onsuiwerhede kan absorbeer, en ook die watervloei oor die landskap reguleer.


  1. Kyk na die prent hieronder, wat 'n voël wat met olie bedek is toon, en beantwoord die vrae.
'n Voël met olie bedek. http://www.flickr.com/photos/19378856@N04/2037098785/

Hoe dink jy het die olie in die water waarin hierdie voël bly, beland?



'n Olielek vanaf 'n skip of olieboor.

Is olie 'n oplosbare of 'n onoplosbare waterbesoedelstof?


Olie is onoplosbaar, aangesien dit op die water dryf.

Hoe sal die olie hierdie voël en ander seediere skade aandoen?




Die olie bedek hulle vere en vel, wat dit vir hulle moeilik maak om te vlieg. Die olie beland in hulle longe en mae, wat hulle sal doodmaak. Olie kan ook visse doodmaak (wat moontlik die voël se voedselbron is), omdat dit verhoed dat suurstof in die water oplos (suurstof is onoplosbaar in olie).

Lys 'n paar van die gevare wat vleilande bedreig.







Leerders kan enige van die volgende lys:

  • dreinering van vleilande vir weivelde en gesaaides
  • oorbeweiding wat tot gronderosie lei
  • verkeerde verbranding van plantegroei wat tot gronderosie lei
  • houtproduksie
  • verkeerde plasing van damme
  • besoedeling
  • mynaktiwiteite in vleilande
  • stedelike ontwikkeling

Al die bostaande menslike aktiwiteite kan die vloei en kwaliteit van die water in die vleiland beïnvloed, en dit kan uiteindelik die vleiland verwoes.

Soek deur die woordsoekraaisel vir die tipes diere wat in vleilande gevind word.

Kyk of jy die volgende kan vind:

  • gapermossel
  • kreef
  • muskiet
  • reier
  • padda
  • veereier
  • naaldekoker
  • waterskilpad
  • vis
  • garnaal
  • krap
  • salamander
  • eend