Gebruike van metale


  • Hoe kan ons die spesiale eienskappe van metale (magnetisme, elektriese- en termiese geleiding) tot ons voordeel gebruik?
  • Watter addisionele eienskappe van metale maak hule so geskik vir gebruik in items soos juweliersware, muntstukke, geboue, motorvoertuie, meubels en kombuisgereedskap?

Bekendstelling van die eenheid

Hierdie eenheid behandel addisionele eienskappe van metale, soos magentiese eienskappe, konduktiwiteit en korrosie. Een manier om hierdie eenheid in te lei sal wees om 'n gesprek oor magnete te hê; hierdie kan 'n demonstrasie van magnete wat mekaar aantrek insluit. U kan studente vra om voorbeelde te noem van waar magnete in die alledaagse lewe gebruik word (yskasmagnete, magnetiese kasdeure, magnetiese stroke in deure soos ys- en vrieskaste, magnetiese speelgoed ens.). Hulle kan gevra word om te voorspel of 'n metaalvoorwerp (byvoorbeeld 'n sleutel) na 'n magneet aangetrek sal word, en hierdie kan gevolg word deur 'n demonstrasie. Die voorspelling kan herhaal word met 'n nie-metaliese voorwerp soos 'n stuk bordkryt of plastiek.

Ons het geleer dat, wanneer ons iets nuuts wil maak, ons eers moet besluit wat die doel van die produk sal wees. Aangesien ons leer van Materie en Materiale, kom ons neem aan dat die produk 'n stuk gereedskap of enige ander tipe voorwerp sal wees wat 'n taak vir ons sal verrig. Sodra ons besluit het wat die doel van die voorwerp sal wees, kan ons 'n materiaal met die regte eienskappe vir die taak kies.

Spesiale eienskappe van metale


In hierdie hoofstuk gaan ons leer waarvoor sekere metale gebruik word. Die eienskappe van metale maak hulle geskikte stowwe vir verskillende voorwerpe. Ons gaan binnekort van die spesiale eienskappe van metale ondersoek waaraan ons nog nie gedink het nie.

Metale en magnete

Het jy al met magnete gespeel? Het jy agtergekom dat metale mekaar en ook sekere ander metaalvoorwerpe aantrek.

In die volgende aktiwiteit gaan ons magnetisme ondersoek en ons bevindinge in 'n tabel neerskryf.

Leer oor magnetisme.


Die ondersoek help leerders om te ontdek dat magnetisme 'n unieke eienskap van metale is. Sommige metale word deur 'n magneet aangetrek, maar nie-metale word oor die algemeen nie deur magnete aangetrek nie. Een van die grootste Wanpersepsies wat leerders het is dat alle metale magneties is. Die aktiwiteit wat na die ondersoek kom sal hulle help om te ontdek dat dit nie waar is nie.

Jy moet probeer om ten minste een nie-magnetiese metaalvoorwerp in te sluit sodat leerders kan ontdek dat nie alle metale deur 'n magneet aangetrek word nie. Aluminium (bv. tinfoelie), sink of koper val in hierdie kategorie. Die rede waarom Suid-Afrika se kopermunte deur die magneet aangetrek word is omdat hulle van yster gemaak word (wat natuurlik deur 'n magneet aangetrek word) en met 'n dun lagie koper oorgetrek is.

MATERIALE:

  • Metaalvoorwerpe: munte, lepel, metaal potloodskerpmaker, spyker of skroef, skuifspeld, drukspyker, speld, staalwol ens.
  • Nie-metaal voorwerpe: papier of karton, watte, materiaal, plastieklepel, kurk, spons, stuk bordkryt, klein glas.
  • Magneet

AANWYSINGS

  1. Sorteer die voorwerpe voor jou in twee groepe: metale aan die een kant en nie-metale aan die ander kant.
  2. Skryf die name van die metaalvoorwerpe in die kolom "Metaalvoorwerpe" in die tabel hier onder.
  3. Skryf die name van al die nie-metaalvoorwerpe in die kolom "Nie-metaal voorwerpe" in die tabel hier onder.
  4. Hou elke voorwerp naby aan die magneet om te kyk of dit deur die magneet aangetrek word of nie.
  5. Skryf jou observasies in die tabel hier onder neer.

Metaalvoorwerpe

Word die voorwerp deur die magneet aangetrek? Antwoord JA of NEE.

Nie-metaal voorwerpe

Word die voorwerp deur die magneet aangetrek? Antwoord JA of NEE.

VRAE

  1. Gebruik die inligting in jou tabel om te besluit of die volgende stellings Waar of Vals is. As die stellng waar is, moet jy 'n kruisie (X) in die WAAR-kolom trek, as die stelling vals is, trek 'n kruisie (X) in die VALS-kolom

Stelling

WAAR

VALS

Al die metaalvoorwerpe word deur die magneet aangetrek.

Van die metaalvoorwerpe word deur die magneet aangetrek.

Van die metaalvoorwerpe word nie deur die magneet aangetrek nie.

Van die nie-metaal voorwerpe word deur die magneet aangetrek.

Geen van die nie-metaal voorwerpe word deur die magneet aangetrek nie.

Een van die Thunderbolt Kids op die voorblad van Materie en Stowwe hou 'n magneet vas. Wie is dit en wat sit aan die magneet vas? Waarvan moet hierdie voorwerpe gemaak wees om deur die magneet aangetrek te word?

Tom hou 'n magneet met metaalspykers en skroewe (yster) wat daaraan vas sit.

Voltooi die volgende sinne deur woorde uit die raampie hier onder in te vul.

_____ van die metaalvoorwerpe word deur die magneet aangetrek, maar _____ van die nie-metaal voorwerpe word deur die magneet aangetrek.

sommige, geen

Woordraampie

  • alle
  • sommige
  • geen

Magnetisme is 'n baie interessante eienskap en om met magnete en stowwe te speel is pret! Is al die metale wat jy getoets deur die magneet aangetrek?

Hier kan leerders herinner word dat sommige, maar nie alle metale deur die magnete aangetrek word. Net Yster, Kobalt en Nikkel is magneties. Leerders hoef dit nie te weet nie, maar hulle moet weet dat net 'n paar metale magneties is. Baie toestelle en gereedskap word egter van yster gemaak, en daarom is baie van die metaalvoorwerpe om ons magneties.

In die volgende aktiwiteit gaan ons die magnetiese eienskappe van verskillende metale toets. Tom het 'n probleem wat jy moet help oplos. Na jy die aktiwiteit gedoen het kan jy hom dalk advies gee oor hoe om magnetisme te gebruik om die probleem op te los.

Gebruik magnetisme om die probleem op te los.


Die aktiwiteit is ideaal vir klein groepe om te doen. Daar is heelwat leeswerk aangesien daar 'n klomp reëls dialoog ingesluit is. Hierdie reëls kan hard-op gelees word deur twee leerders: een wat die rol van Tom speel en die ander een die rol van sy oom. Die groep kan saam die probleem oplos en Tom kan sy oplossing aan sy oom aanbied aan die einde van die aktiwiteit.

Dit is 'n goeie idee om te kyk of jy klein stukkies aluminium, koper en yster (of staal) kan kry wat in die ondersoek gebruik kan word. Sink kan ook gebruik word, aangesien dit nie deur die magneet aangetrek word nie. Maak byskrifte wat sê watter tipe metaal dit van gemaak is.

Moenie Suid-Afrikaanse munte vir die aktiwiteit gebruik nie. Hulle sal aangetrek word deur die magneet omdat hulle van yster gemaak word en met 'n dun laag koper oortrek is. Wanneer leerders ontdek dat die munte deur die magneet aangetrek word, kan hulle dalk die verkeerde gevolgtrekking maak dat koper deur 'n magneet aangetrek word. Dit is eintlik die yster binne-in wat magneties is.

MATERIALE:

  • Metaalstukke: yster, aluminium en koper
  • Magneet

Die probleem:

Tom hou daarvan om die skrootwerf te besoek waar hy allerhande stukke rommel soek om in sy uitvindings te gebruik. Sy oom besit die skrootwerf. Hy koop allerhande skrootmetaal wat hy dan aan 'n herwinningsmaatskappy verkoop. Die herwinningsmaatskappy betaal meer as die metaal volgens soort gesorteer is. Sy oom het 'n probleem. Hy weet nie hoe om die metaal te sorteer nie. Hy het een dag met Tom oor sy probleem gesels.

Oom: "Tom, ek het raad nodig. Ek weet jy is goed met uitvindings, en jy hou van 'n uitdaging."

Tom: "Dis waar, Oom. Ek is mal oor 'n uitdaging! Wat is jou probleem? Miskien kan ek dit met wetenskap oplos."

Oom: "Ek het 'n groot hoop skrootmetaal wat ek moet sorteer. Ek weet daar is yster, aluminium en koper in die hoop skrootmetaal, maar ek weet glad nie hoe om dit te sorteer nie! Yster en aluminium is beide metale en lyk baie dieselfde. Kan jy aan 'n manier dink om my te help om hulle te sorteer?"

Wat dink jy sal Tom se raad aan sy oom wees?

Leerders moet aangemoedig word om aan 'n paar oplossings te dink. 'n Moontlike oplossing kan wees om die metale volgens kleur te sorteer. Koper het 'n rooi-bruin kleur en die ander metale is silwerkleurig. Aluminium is ligter as yster. Soms is dit egter nie so maklik om tussen twee metale te onderskei op grond van relatiewe massa nie. (Aluminium is eintlik minder dig as yster, maar die konsep van digtheid is dalk te gevorderd vir leerders op die vlak op dit te verstaan.) Yster is egter magneties, aluminium is nie. Dit beteken dat 'n magneet yster, maar nie aluminium stukke sal "optel".

AANWYSINGS

  1. 'n Paar metaalstukke word voor jou neergesit. Vind die etiket op 'n stuk papier en lees die naam hard-op. Gee elkeen in jou groep 'n kans om die name van die metale te sê.
  2. Skryf die name van die metale in die tabel hier onder.
  3. Kyk mooi na elke metaal. Lyk hulle dieselfde of is daar verskille? Kan jy die kleur van elke metaal beskryf. Skryf die kleur van elke metaal hier onder neer.
  4. Hou elke metaal naby die magneet. Trek 'n kruisie (X) in die kolom "magneties" as die magneet die metaal aantrek. As dit nie deur die magneet aangetrek word nie, trek 'n kruisie (X) in die "Nie magneties" kolom.

Metaal

Kleur van die metaal.

Magneties

Nie magneties

Skryf in die spasie hier onder neer wat Tom se oom moet doen. (Dit sal hom baie help as jy die instruksies hoe om die metaal te sorteer stap-vir-stap neerskryf.)









Leerders se lys moet die volgende bevat:

Instruksies om die metaal met 'n magneet te sorteer.

  1. Haal al die rooi-bruin stukke metaal uit en sit dit op 'n hoop neer. Dit is die koper.
  2. Toets die res van die metale met die magneet. As die metaal deur die magneet aangetrek word, is dit yster. Sit dit in 'n ander hoop.
  3. Al die dele wat oorbly moet in 'n derde hoop gepak word. Dit is die aluminium.

Jy kan hierdie aktiwiteit uitbrei deur jou leerders te vra om 'n magnetiese arm te ontwerp waarmee 'n mens yster uit 'n hoop skrootmetaal kan lig. Afhangend van hoe voortvarend jou leerders is, kan die ontwerp op papier gedoen word of hulle kan dit bou van enige materiale wat hulle in die hande kan kry.


Nie all metale is magneties nie en ons het gesien dat hierdie eienskap van magnetisme gebruik kan word om metale te sorteer.


Metale en hitte

Ons tel hier weer 'n vorige gesprek op toe ons gepraat het oor wanneer ons kos kook. As ons die buitekant van die pot verhit, kook die kos op die binnekant. Dit beteken dat die hitte wat die kos kook deur die metaal beweeg. In die ondersoek wat volg sal leerders kyk of hitte deur plastiek en hout beweeg soos dit deur metaal beweeg.

Ons gaan nou na nog 'n spesiale eienskap van metale kyk. Maar eers 'n vraag: Hoe kook ons kos op die stoof? Ons sit kos in 'n metaalpot en dan maak ons die buitekant van die pot warm. Dit laat die kos binne-in kook. Hoe kom die hitte binne-in die pot? Die volgende aktiwiteit sal ons help om die vraag te antwoord.

Leer hoe hitte vloei (geleiding van hitte)


MATERIALE:

  • Houer (1 liter joghurthouer, bottel of 'n 2 liter roomyshouer)
  • Warm water (nie kookwater nie)
  • Yskoue water
  • Metaallepel
  • Plastieklepel
  • Houtlepel ('n potlood of stok sal ook doen.)

AANWYSINGS

  1. Maak die houer vol warm water.
  2. Sit die lepels in die warm water sodat hulle stele bo die oppervlak van die water uitsteek soos in die prent.

Die stele moenie in die water wees nie.

Die drie lepels in 'n houer met warm water.
  1. Los hulle vir 15 tellings in die water.
  2. Voel om die beurt aan elke steel. Watter lepel voel die warmste? Skryf jou antwoord hier onder neer.

    Die metaallepel voel die warmste.

  3. Maak die houer leeg en spoel die lepels onder die koue kraan af.

Die lepels moet afgespoel word sodat hulle almal dieselfde temperatuur is aan die begin van die ondersoek.

  1. Maak die houer vol yskoue water.
  2. Sit die lepels in die yskoue water sodat hulle stele bo die oppervlak van die water uitsteek.
  3. Los hulle vir 15 tellings in die water.
  4. Voel om die beurt aan elke steel. Watter lepel voel die koudste? Skryf jou antwoord hier onder neer.

    Die metaallepel voel die koudste.

VRAE

Het die metaallepel warm gevoel nadat dit in die warm water gestaan het?

Ja. Dit was die warmste van al die lepels.

Waar het die hitte (wat jy met jou vingers gevoel het) vandaan gekom?

Dit hitte kom van die warm water.

Hoe het dit tot by jou vingers gekom?

Die hitte het deur die metaal van die lepel beweeg.

Voltooi die sin. Skryf die hele sin uit.

The spoon feels hot because heat flows from _____ to _____.



Die lepel voel warm omdat hitte van die water na my hand vloei.

Het die metaallepel koud gevoel na dit in die yskoue water gestaan het?

Ja. Dit was die warmste van al die lepels.

Waar het die koue (wat jy met jou vingers gevoel het) vandaan gekom?

Leerders mag dalk as volg antwoord: die koue kom van die water.

Nota vir die onderwyser: hierdie is die ideale geleentheid om jou leerders te help om te ontdek dat hitte vloei (nie koue nie!) en dit is daarom die hitte wat van die vingers na die koue lepel vloei wat maak dat ons koue kan voel.

Hoe het die koue by jou vingers gekom?

Hitte vloei van my vingers na die koue lepel toe. Dit is hoekom my vingers koud voel.

Voltooi die sin. Skryf die hele sin uit.

The spoon feels cold because heat flows from_____ to _____.



Die lepel voel koud omdat hitte van my vingers na die lepel vloei.

Watter stof (metaal, plastiek of hout) is die beste geleier van hitte?

Metaal is die beste geleier van hitte.



Metaal en korrosie

Die volgende afdeling ondersoek korrosie (roes), en kan deur 'n gesprek oor metaalvoorwerpe wat blink as hulle nuut is en dof word as hulle buite gelos word, ingelei word. Ons sluit 'n paar prente in om die gesprek te stimuleer. Die belangrike boodskap om oor te dra is dat roes 'n vorm van korrosie is. Net yster roes, maar baie ander metale kan korrodeer.

Het jy al gesien dat sommige metaalvoorwerpe blink as hulle nuut is, maar na 'n tydjie verdwyn die blink en lyk hulle vaal en gevlek? Die kar in die prentjie was eens op 'n tyd blink en nuut, maar kyk hoe lyk dit nou! Dit is vol roes van solank buite in die reën staan.

'n Ou geroeste kar.

Roes het 'n rooi-bruin kleur en 'n growwe tekstuur. Roes is baie algemeen; dit is die produk wat vorm wanneer yster korrodeer. Tydens korrosie reageer yster met die suurstof in die lug of water om ysteroksied (die chemiese naam vir roes) te vorm. Roes is 'n soort korrosie, maar dit is nie die enigste soort nie.

Ander soorte korrosie sluit die volgende in:

  • Aanslag: op silver teepotte, skinkborde, trofeë en juwele.
  • Groenspaan: die groen laag wat ons soms op kopervoorwerpe sien.
  • Swart kolle wat op koper verskyn.
  • Aluminiumoksied: 'n gryswit laag wat op aluminium vorm.
Kan jy sien hoe dof en aangeslaan hierdie messegoed is?
Kan jy die groen laag op die koper standbeeld sien?

ONDERSOEK: Leer oor korrosie (roes)


Die ondersoek is ideaal om in klein groepe te doen en moet oor 'n paar dae gedoen word. Op die eerste dag sit leerders yster spykers in verskillende middels en observeer hoe hulle oor 'n periode van 5 tot 10 dae roes (afhangend van hoeveel tyd beskikbaar is). Die houers moet met kleefplastiek bedek word om te keer dat die water verdamp. Dit is belangrik dat die spykers in houer C so droog as moontlik gehou word. Leerders moet daarom gewaarsku word om hulle net met droë hande te hanteer. Dit mag help om hulle aan te raai om altyd eers na die spykers in houer C te kyk voor hulle na die ander kyk. As enige van die inhoud van die houers mors, kan hulle eenvoudig met dieselfde oplossing (water of soutwater) opgevul word.

DOEL: Vind uit hoe roes vorm.

MATERIALE:

  • 30 identiese yster spykers
  • 3 klein, skoon en droë houers (joghurthouers of polistireen koppies)
  • kraanwater
  • soutwater (gemaak deur 10 teelepels sout in 'n liter kraanwater op te los)
  • kleefplastiek om die houers toe te maak.

METODE:

  1. Merk die houers deur A op een, B op die tweede en C op die laaste een te skryf.
  2. Sit 10 yster spykers in elke houer.
  3. Gooi genoeg kraanwater in houer A om die spykers heeltemal toe te maak.
  4. Gooi genoeg soutwater oor die spykers in houer B om hulle heeltemal toe te maak.
  5. Moet niks oor die spykers in houer C gooi nie.
  6. Maak houers A en B met kleefplastiek toe.
  7. Sit die houers op 'n veilige plek langs mekaar neer. Maak seker dit is erens waar hulle ongestoord vir 'n paar dae kan staan.
  8. Kyk elke dag na die spykers in die houers. Tel elke dag (verkieslik op dieselfde tyd elke dag) hoeveel spyker roes op hulle het. Maak seker dat jy dieselfde spykers terugsit in die houer waaruit jy hulle gehaal het toe jy hulle ondersoek het. Doen dit vir 10 dae.
  9. Skryf jou resultate in die tabel hier onder neer.

RESULTATE:

Dag

Hoeveelheid geroeste spykers in die koppie wat net water in het (A).

Hoeveelheid geroeste spykers in die koppie met soutwater (B).

Hoeveelheid geroeste spyker in die koppie wat geen water in het nie. (C)

1

2

3

4

5

6

7

8

9

10

Gebruik die spasie hier onder om 'n grafiek te trek van hoeveel spykers roes op hulle het na een dag.



















Wanneer leerders hulle grafieke trek moet hulle aangemoedig word om te dink aan wat die afhanklike en die onafhanklike veranderlikes sal wees. Tyd (gemeet in dae) sal die onafhanklike veranderlike wees en moet daarom op die horisontale (x) as geteken word. Verduidelik vir leerders dat die onafhanklike veranderlike die ding is wat jy beheer.

VRAE

In watter koppie het die spykers eerste begin roes?

Koppie B (die soutwater)

Aangesien dit 'n ondersoek is, is daar geen regte en verkeerde antwoorde nie. Mens verwag dat die soutwater die mees bevordelik vir roes is, maar die leerders mag dalk op grond van hul bevindinge tot 'n ander gevolgtrekking kom. Die doel van die ondersoek is vir leerders om 'n wetenskaplike verduideliking te kan maak opgrond van die bewyse wat hulle het.

Voltooi die volgende sinne. Jy mag die woorde in die raampie hier onder gebruik of enige ander woorde wat die stelling vir jou waar maak gebruik.
  1. Yster roes wanneer dit in kontak met _____ kom.
  2. Yster roes vinniger in _____ as in _____.
  1. water (en soutwater)
  2. water, lug

Woordraampie

  • lug
  • water
  • soutwater
kan jy aan maniere dink om yster teen roes te beskerm? (Wenk: Kyk na die volgende prentjie vir 'n leidraad.)

Ons kan die yster verf om dit teen roes te beskerm.

Hierdie mense verf ysterpale en heinings.

Alhoewel daar baie maniere is om yster teen roes te beskerm, is dit op hierdie vlak genoeg dat leerders besef dat om 'n beskermende laag - soos verf - oor te sit die yster teen roes sal beskerm. Hulle sal binnekort leer dat dit ook moontlik is om yster teen roes te beskerm deur dit met ander metale te verwerk.



Ons het gesien dat yster roes. Ander metale verander ook as hulle nie beskerm word nie. Het jy al gesien hoe lyk munstukke as hulle nuut is? Nuwe munte is helder en blink. Ou munte is dof en lyk vuil. Dit is omdat hulle 'n donker laag aanslag op hulle het. In die volgende aktiwiteit gaan ons kyk hoe die aanslag verwyder kan word om munte weer helder en blink te maak.

Hoe kan vuil kopermunte skoon gemaak word?


Suid-Afrikaanse koper en brons munte (5c en 10c stukke) is geskik vir hierdie ondersoek. Hulle moenie te lank in die sout-en-asyn oplossing gelos word nie anders gaan die koperlaag oplos en die yster onder dit uitkom. Ons gebruik nie 'n metaal bak nie aangesien die metaal in die bak met die koper in die sout-en-asyn oplossing sal reageer. 'n Deurskynende bak of 'n groot beker (plastiek of glas) sal die beste werk. Leerders kan dan ook die reaksie deur die kant van die houer sien. 'n Skoon joghurt- of roomyshouer sal ook doen.

MATERIALE:

  • 20 vaal, vuil kopermunte.
  • 1/4 koppie witasyn
  • 1 teelepel sout
  • 'n Deurskynende, vlak bak (nie metaal nie)
  • Papierhanddoeke, snesies, of velle papier.

AANWYSINGS

  1. Sit die sout en asyn in die bak. Roer totdat die sout opgelos het.
  2. Druk een munt halfpad in die vloeistof. Hou dit vir 10 sekondes in die vloeistof en haal dit dan uit. Wat het jy gesien?

As die munt met die een helfte binne-in die vloeistof en die ander helfte buite die vloeistof gehou word, kan leerders duidelik die kontras tussen die behandelde en die onbehandelde helftes van die munstuk sien. Dit mag dalk beter wees as die onderwyser hierdie deel demonstreer.

  1. Sit al die munte in die vloeistof. Jy kan binne die eerste paar sekondes sien hoe hulle verander. Daarna gaan jy niks sien gebeur nie.
  2. Haal die helfte van die munte na 5 minute uit die vloeistof uit. Sit hulle op 'n papierhanddoek neer, maar moet hulle nie afspoel of droogmaak nie.

As die munte dadelik op die papier gesit word, sonder om dit af te droog of af te spoel, hou die reaksie tussen die sout-en-asyn oplossing en die munte aan en die papier onder die munte word 'n groenerige blou. Dit is as gevolg van die opgeloste koperione.

  1. Haal die res van die muntstukke uit die vloeistof uit. Spoel hulle sorgvuldig onder lopende water af en sit hulle op 'n papierhanddoek neer om droog te word. Skryf "afgespoel" op die tweede papierhanddoek neer.

As die munte nie ordentlik afgespoel en afgedroog word nie, hou die reaksie tussen die sout-en-asyn oplossing en die munte aan en word die papier onder die munte 'n groenerige blou as gevolg van die opgeloste koperione. Jy wil dit voorkom.

  1. Kyk na 'n uur na die munte op die papierhanddoek. Skryf jou observasies in die tabel hier onder neer.

item

Hoe lyk dit?

Munte voor jy hulle in die sout-en-asyn oplossing gesit het.

Munte wat nie afgespoel is nie na 'n uur

Munte wat afgespoel is na 'n uur

Papier onder die munte wat nie afgespoel is nie..

Papier onder die munte wat afgespoel is.

VRAE

Waarom het die munte vuil gelyk voor jy hulle in die sout en asyn mengsel gesit het?

Die munte het vaal en vuil gelyk omdat hulle aangeslaan was.

Wat het met die munte in die sout-en-asyn oplossing gebeur? Waarom dink jy het dit gebeur?

Die munte het weer blink geword. Die sout-en-asyn oplossing het die aanslag weggeneem.

Proe 'n paar druppels van die skoon asyn. Hoe proe dit?


Die asyn is suur.

Kan jy aan 'n ander vloeistof dink wat ons in plaas van asyn kon gebruik? (Wenk: watter ander vloeistof proe suur?)

Ons kon suurlemoensap (of lemoensap) in plaas van asyn gebruik het.

Wat het met die munstukke gebeur wat nie afgespoel is nie? Het hulle ook skoon en blink geword?

Nee, hulle het blougroen geword.


Ons gaan nou nog interessante dinge oor metale en waarvoor hulle gebruik word leer.



Gebruike van metale


Hierdie afdeling fokus op nog maniere waarop metale gebruik word. Maak jou leerders bewus van al die metaalvoorwerpe in en om die klas. Hulle kan elkeen 'n prent van 'n metaalvoorwerp klas toe bring en dit in kategorieë soos "vervoer", "die kombuis" "industrie" ens. sorteer. Leerders kan self die kategorieë opmaak en dan aangemoedig word om aan redes te dink waarom metaal vir elke doel gebruik word. Die tweede paragraaf bespreek waarom metaal vir elektriese kabels gebruik word en is 'n goeie voorbeeld van hoe 'n bespreking aangewakker kan word. Die volgende aktiwiteit het dieselfde doel.

Daar is duisende gebruike vir metale. Ons gebruik elke dag metale, soms sonder dat ons dit weet.

Metale is smeebaar (rekbaar) en goeie geleiers van elektrisiteit. Dit is waarom die drade binne-in elektriese kabels van metaal gemaak word. Sonder elektriese kabels sou ons nie elektrisiteit in on huise of skool gehad het nie; ons sou nie ligte of televisie of telefone gehad het nie. (Ons kyk volgende kwartaal meer na energie!)

Metale is baie sterk en kan in dun plate verander word. Hierdie plate kan gebruik word om die bakwerk van karre, trokke, treine en vliegtuie te maak wat gebruik word om mense en goedere van een plek na 'n ander te vervoer.

Vliegtuie word van sterk, duursame plate metaal gemaak.

Die sterkte en duursaamheid van metale maak hulle baie belangrike boumateriale, nie net op sigbare maniere (soos metaaldakke en vensterrame) nie, maar ook op onsigbare maniere (soos staal steunpillare binne-in beton waarvan brûe en groot geboue gemaak word.) Selfs meubels word soms van metaal gemaak.

'n Brug van metaal gemaak.

Hoe metaal in jou huis gebruik word.


Hierdie kan moontlik 'n projek wees. Leerders kan een voorwerp kies en navorsing doen oor hoe dit gemaak word.

AANWYSINGS

  1. Kies 8 metaalvoorwerpe by jou huis (jy kan ook jou klaskamer gebruik).
  2. Skryf langs elke metaalvoorwerp op jou lys hoekom jy dink metaal gebruik is om die voorwerp te maak. Jy moet die eienskap van metaal wat dit die beste stof vir hierdie werk maak, neerskryf.
  3. As jy dink hierdie voorwerp kon dalk van 'n ander stof gemaak word, skryf neer watter stof. Jy mag dalk na van die voorbeelde wil kyk vir idees.

Metaalvoorwerp

Rede waarom metaal gebruik is om die voorwerp te maak.

Ander stof, in plaas van metaal, waarvan dit gemaak kon word.

Besemstok

Metaal is sterk en duursaam.

Hout, sterk plastiek

  1. Bied jou bevindinge op 'n plakkaat aan met 'n tabel waarin jy jou observasies neergeskryf het (dit kan soortgelyk aan die een hierbo lyk).
  2. Plak prente of foto's van die voorwerpe op jou plakkaat en moenie vergeet om vir die plakkaat 'n opskrif te gee nie.


Blaai terug na die voorblad van Materie en Stowwe waar die Thunderbolt Kids die bouperseel van 'n stadion besoek. Identifiseer al die voorwerpe wat van metaal gemaak is en skryf hulle hier onder neer.




Stootskraper, trekker, sementmenger, Farrah se graaf, die teken wat sê "Nat sement" se staander, metaalpale wat rondlê,steierwerke en pale van die stadion, die katrolmeganisme wat Jojo gebruik, die spykers op die magneet, die hyskrane, die handvatsels van die emmers, kruiwa, die rand van Sophie se bril.



  • Metaal het 'n paar spesiale eienskappe.
  • Metale gelei hitte en sommige metale is magneties.
  • Metale het baie gebruike.
  • Wanneer ons 'n stof vir 'n spesifieke doel moet kies, soek ons die stof wat die regte eienskappe vir die werk het.


Skryf soveel eienskappe van metaal neer as waaraan jy kan dink.

Metale is stewig, sterk, smeebaar, rekbaar en skitterend. Verder is sommige metale magneties, gelei metale hitte en elektrisiteit en korrodeer sommige metale (soos yster wat roes).

Is nie-metale magneties?

Nee

Tom het magnetisme gebruik om sy oom te help. Watter metaal in die skrootwerf is deur die magneet aangetrek?

Tom het die magneet gebruik om al die yster skroot in die skrootwerf op te tel.

Is alle metale magneties?

Nee

Waarom word potte en panne van metaal gemaak?

Metaal is 'n goeie geleier van hitte en mens kan daarom maklik goed daarin kook.

Waarom word sommige potte en panne se handvatsels van hout of plastiek gemaak?

Metaal gelei hitte, maar plastiek en hout nie. Dit beteken dat die handvatsels sal koud bly selfs al is die pot te warm om aan te vat.

Waarom is yster blink wanneer dit nuut is maar dof en gevlek wanneer dit vir lank buite gestaan het?

Die yster roes.

Hoe lyk roes? (Beskryf hoe dit lyk en voel)

Roes is rooi-bruin en voel grof en skilferig.

Wat is 'n ander naam vir roes?

korrosie

Roes alle metale?

Nee, net yster roes.

Jou pa maak 'n nuwe ysterheining vir die voorkant van julle huis. Wat sal jy vir hom sê om te doen om seker te maak dat die heining lank hou?

Hy kan dit verf; dit sal help dat die yster nie roes nie.

Kyk na die prent van die hamer hier onder. Waarvan is die kop van elke hamer gemaak en hoekom dink jy is die stof gebruik?
Verskillende groottes hamers.


Die kop van die hamer is van metaal gemaak. Metaal is sterk en hard en die hamer word gebruik om harde voorwerpe soos spykers te slaan so dit moet van 'n harde stof gemaak word.

As jy jou ouers of 'n familievriend moet adviseer wat 'n stel stoele en tafels wil koop om hul plastiek tuinstel te vervang wat gebreek het, watter soort meubels is die beste geskik vir buite in die tuin? Verduidelik jou antwoord.



Die beste meubels sal van metaal (nie yster) wees aangesien hulle duursaam is en nie sal breek soos plastiek nie. Metaal sal ook langer in die reën hou as houtmeubels.

Sommige juwele word van metaal gemaak. Van watter tipes metaal is die juwele gemaak? Hoekom dink jy is dit so duur?



Juwele word van metale soos goud, silwer, goud en koper gemaak. Hierdie metale is duur omdat hulle nie algemeen in die aarde gevind kan word nie en die proses om hulle te laat lyk soos die finale produk baie duur is. Hulle is ook duur as gevolg van die hoë vraag daarna - 'n hoër vraag maak dat die pryse van iets styg.

Waarom dink jy word eetgerei (soos messe, vurke en lepels) normaalweg van metaal gemaak en nie van hout of plastiek nie? Waarom gee kitskosrestaurante dan vir 'n mens plastiek eetgerei saam met jou wegneemete?



Eetgerei wat lank moet hou, word van metaal gemaak. Dit is omdat die metaal sterk is en nie sal duik of breek wanneer dit in die laai gegooi word of in die wasbak gewas word. By kitskosrestaurante kry jy gewoonlik plastiek eetgerei omdat mens dit kan weggooi. Hulle is nie gemaak om lank te hou nie. As hulle moes metaal eetgerei gee, sou die wegneemetes baie duurder wees.

Hier onder is 'n prentjie van 'n brandweerwa. Kan jy jou voorstel as 'n brandweerwa van plastiek of hout gemaak sou wees? Watter eienskappe van metaal maak dit gepas vir die brandweerwa?
'n Brandweerwa wat van metaal gemaak is.






Metaal kan uitgeklop word in plate wat sterk en duursaam is en dit word gebruik om die bakwerk van die trok te maak. Die metaal is hard en sterk sodat wanneer mense op die trok klim die metaal nie breek of kraak soos plastiek nie. Metale smelt ook net teen baie hoë temperature. Aangesien 'n brandweerwa gewoonlik baie naby aan vure en in baie warm areas kom, sou dit smelt as dit van plastiek gemaak was. Die metaal smelt nie. As dit van hout gemaak was, kon die hout aan die brand slaan. Die metaal sal baie langer hou as dit nat word - van die pype of as dit buite in die son en reën moet staan. Plastiek of hout sal nie so lank hou nie, omdat dit verweer en vrot.