Wat is die warmste deel van die Son?
Die kern is die middelste wit gedeelte.
Onthou jy dat ons in Gr 4 gekyk het na die Ruimte en die voorwerpe wat ons in die Ruimte kry? Verlede jaar, in Gr 5 het ons meestal gekyk na die Aarde en die kenmerke van die Aarde. Nou gaan ons die ruimte 'n bietjie verder ondersoek! Voordat ons aangaan, kom ons verfris net so 'n bietjie ons geheue met sommige van die dinge oor die Ruimte uit Gr 4.
INSTRUKSIES:
|
|
Onderwysers gids antwoord:
Onthou jy wat 'n Sonnestelsel is? Ons Sonnestelsel bestaan uit die Son en die planete. Kom ons kyk!
Die son gloei so kwaai dat dit nie veilig is om direk daarin te kyk nie, selfs al is dit so ver weg. Die son is 'n bol gasse.
die son is uitermate warm: die temperatuur is omtrent 15 000 000 grade Celsius in die middelpunt! die oppervlakte is ongeveer 5 500 grade Celsius. Dit is uitermate warm! kan jy die ontploffing op die oppervlakte van die Son in die prent sien?!
Die Son is 'n ster, aangesien dit sy eie energie opwek. Die Son lyk asof dit groter en helderder is, aangesien dit baie nader aan die Aarde is as die ander sterre.
Die Son is ongeveer 420 keer groter as die Aarde en omtrent 1700 keer groter as die Maan! Die Son is baie verder weg as die Maan vanaf die Aarde. Die Son produseer lig en hitte. Die hitte verhit die oppervlakte van die aarde.
Bestudeer die tekening van die Son, en beantwoord dan die vrae wat volg in die onderstaande aktiwiteit.
INSTRUKSIES:
VRAE:
Wat is die warmste deel van die Son?
Die kern is die middelste wit gedeelte.
Die Son se energie kom van gasse wat saamgepers word totdat waterstof in helium verander. Waar dink jy word die gasse die meeste saamgepers?
In die kern.
Wat word die donker kolle op die oppervlakte van die son genoem?
sonvlekke
Die volgende bladsye bevat baie teks en nie baie in die vorm van aktiwiteite en skrywe nie. Dit is bedoel om as 'n interessante storie vir die leerlinge vertel te word. Lees saam deur dit. Laat die leerlinge verskillende dele op verskillende tye lees. Soos wat julle deur die werk gaan, vra die klas verskillende vrae soos "Ken jy die name van enige van die konstellasies vn sterre?", "Kan jy die name van al 8 planete?", "Ken jy die name van enige ander Griekse Filosowe?" (bv. Socrates, Plato, Aristoteles). Dit kan ook gebruik word as hersiening van dit wat hulle in gr 4 oor die Sonnestelsel geleer het.
Lank, lank gelede, het mense in die nag na die sterre gekyk. Skaapwagters het na hulle skape en beeste gekyk en plat gele om na die naghemel te kyk. Mense in warm lande hou daarvan om op die dakke van hul huise te slaap. Hulle het dus baie tyd gehad om na die sterre te kyk. Hulle het die patrone van die sterre en hoe die sterre deur die naghemel beweeg geken. Die patrone was vas ( hulle het nie verander nie). Byvoorbeeld, jy kan 'n patroon soos die Suiderkruis vind as jy Suid kyk. Jy kan dit sien in die foto hier onder. Die tweede foto met die wit lyne, help jou om die Kruis te sien. Dit lyk altyd dieselfde aangesien die sterre altyd dieselfde afstand van mekaar is.
Patrone van die sterre word konstellasies genoem. Die volgende voorstelling wys hoe sommige ander konstellasies van sterre lyk wat jy in die naghemel kan sien.
Mense het waargeneem dat daar 'n paar helder voorwerpe was wat nie soos die ander opgetree het nie. Hierdie voorwerpe was die een nag naby 'n ster en die volgende nag min of meer dieselfde tyd was die voorwerp verder weg van die ster. Nag na nag het hierdie voorwerpe nuwe posisies tussen die sterre ingeneem.
Die Grieke van die antieke tyd het hierdie voorwerpe "die wandelaars" aangesien hulle elke aand in 'n effens ander posisie is. Die Griekse woord vir die wandelaar is "planete" en so het ons die Engelse woord "planet" gekry. 'n Persoon wat 'n wandelaar is, loop rond elke keer as hy voel hy wil loop.
Die planete was 'n Wetenskaplike legkaart
Mense wat die sterre bestudeer word Sterrekundiges genoem. Die planete was 'n raaisel vir die antieke sterrekundiges. Hoekom beweeg hulle anders as die sterre? Was hulle net so ver weg soos die sterre? Hoekom was hulle helderder gedurende sommige tye van die jaar as ander tye?
Die antieke mense het name vir die planete gegee. Byvoorbeeld: Mars is vernoem na die god van oorlog. Een planeet was so mooi dat hulle dit Venus genoem het na die godin van die liefde of skoonheid.
Jy kan Mars sommige tye van die jaar sien. Mars is oranje-rooi, en die meeste van die tyd lyk dit kleiner as Venus. Dit is nie so maklik om Mars te kry as wat dit is om Venus te sien nie; somtyds moet jy laat in die nag kyk om Mars in die ooste te sien opkom.
Hoe sterrekundiges die legkaart opgelos het
Oor honderde jare het sterrekundiges sterrewagte in plekke soos Indie, Egipte, Irak, Engeland en lande in Europa. 'n Sterrewag is 'n gebou wat permanente meetmerke het. Hierdie merke is altyd in dieselfde posisie. Die sterrekundiges maak notas van waar die sterre en planete is in vergelyking met die vaste pososies en hulle maak notas van die datums en tye.
Oor baie jare van noukeurige waarneeming, die sterrekundiges het aantekeninge gemaak van waar die planete beweeg het. Hulle het Wiskunde gebruik om te voorspel waar 'n planeet op 'n datum in die toekoms sal wees. Op daardie datum het hulle gekyk of hulle voorspelling korrek was. Hulle het baie goed geraak in meting, Wiskunde en berekeninge met groot getalle.
So het hulle bereken dat die planete nader aan ons is as wat dit aan die sterre is en dat die planete om die Son beweeg. Hulle het ook besef dat die Aarde ook 'n planeet is en dat dit om die Son beweeg!
Die idee het sommige mense wat geglo het dat die Aarde die middelpunt van die heelal was en alles rondom dit beweeg, baie ontstel. Vandag weet ons presies waar elke planeet op enige tyd is en kan ons 'n ruimtetuig na die planete stuur.
Die Son, saam met die planete wat beweeg, word die Sonnestelsel genoem. Jy sal volgende daarvan leer.
Die Sonnestelsel bestaan uit die Son en al die planete wat rondom die son wentel. Dit sluit ook astroiede en die planete se mane in.
Die eerste voorstelling, is 'n diagram van die Sonnestelsel. In die tweede voorstelling in die volgende aktiwiteit kan jy 'n ander diagram van die Sonnestelsel sien. Beide hierdie diagramme probeer aandui hoe die Sonnestelsel is.
In die Sonnestelsel trek swaartekrag al die voorwerpe aan. Swaartekrag is die krag waarmee twee voorwerpe mekaar aantrek. Die son is die grootste en swaarste voorwerp in ons sonnestelsel so dit oefen die grootste hoeveelheid swaartekrag op die planete uit. Die swaartekrag veroorsaak dat al die planete in sirkels om die Son beweeg.
Die name van die planete in ons Sonnestelsel is Mercurius, Venus, Aarde, Mars, Jupiter, Saturnus, Uranus en Neptunus. Mercurius is die planeet die naaste aan die Son en Neptunus is die verste planeet vanaf die son.
Kan die planete werklik so naby die Son wees as wat die prent wys? Gee 'n paar redes vir jou antwoord.
Nee, hulle is nie werklik so naby nie. Rede 1: 'n persoon op die Aarde sal die Son sien dat dit die helfte van die lug is, maar ons weet dat die son in werklikheid baie klein in die lug lyk. Rede 2: Al die water op die Aarde sal verdamp het en al die lewende dinge sou uitbrand.
INSTRUKSIES:
VRAE:
watter planeet is die naaste aan die Son?
Mercurius
Is Venus of die Aarde die naaste aan die Son?
Venus. Die leerders kan dit sien as hulle die wentelbaan van Venus en die Aarde met 'n potlood volg. Se vir die leerders om die diagram met die vorige een te vergelyk en die inligting te gebruik wat hulle vantevore oor die rangskikking van die planete geleer het. Dit leer leerlinge dat handboeke inligting in verskillende plekke gee, aangesien hulle nie al die inligting op dieselfde plek kan weergee nie.
Skryf die name van die planete in die korrekte volgorde, begin met die een wat die naaste aan die son is.
Mercurius, Venus, Aarde, Mars, Jupiter, Saturnus, Uranus en Neptunus. Mercurius is die planeet naaste aan die Son en Neptunus is die planeet verste van die Son.
Watter planeet is die koudste en hoekom?
Neptunus. Dit is die verste weg van die Son.
Hoekom beweeg die planete almal in wentelbane rondom die Son?
Die swaartekrag tussen die Son en elke planeet laat hulle in hul eie wentelbane wentel. Die Son is so groot en swaar dat dit 'n krag kan uitoefen wat selfs die verste planeet, Neptunus in sy wentelbaan kan hou.
Kom ons gebruik ons liggame om 'n model te maak van hoe die planete om die Son beweeg!
Dit is 'n demonstrasie, gebruik twee leerlinge op 'n slag. Een leerling moet hardloop met die bal om dit in sirkel te laat beweeg. Jy het baie spasie nodig; ten minste 'n 10-meter-deursnee sirkel. Die lang tou help om die leerders die korrekte idee te gee dat die Aarde se wentelbaan in 'n groot radius van die son af is. Beplan dit aan die begin of die einde van die periode aangesien die leerlinge tyd neem om na buite te beweeg. Hierdie aktiwiteit is ook in die graad 4 werkboek om die beweging van die planete rondom die Son te illustreer. In graad 6 is dit ook belangrik dat die leerlinge verstaan dat die planete nie net om die Son wentel nie, maar ook om hulle eie as. Nadat die aktiwiteit gedoen is, laat 'n leerling in die middel staan om die Son voor te stel en hou 'n paar toue of jou onderwyser kan dit doen. 'n Paar leerlinge kan die einde van die toue vashou en sprei uit en loop rondom die onderwyser/leerling in die middel. Soos wat hulle om die onderwyser/leerling draai laat hulle ook self draai. Verduidelik dat hulle nou ook soos die planete om hul eie as draai, dieselfde tyd wat hulle om die Son draai.
MATERIALE:
INSTRUKSIES (deel Een)
VRAE:
Wat verteenwoordig die leerling wat die bal swaai? Wat verteenwoordig die bal?
Die leerling is die Son en die bal is die Aarde.
Wat voel jy gebeur met die rek as jy die bal swaai?
Jy voel die tou trek aan jou hand.
As die bal in sy sak kon voel, wat sou dit voel?
Die bal voel 'n trekkrag dieselfde as wat die hand voel.
Gee die leerlinge tyd om daaroor te dink en hulself tot 'n antwoord te kom. Die antwoord is dat die bal sal voortgaan om te beweeg in die rigting wat dit beweeg het die oomblik wat die tou gebreek het. Leerlinge kan die antwoord toets deur die tou te laat los.
Die bal verteenwoordig die Aarde. Die leerling swaai dit baie vinnig, maar hoe lank sal die Aarde regtig neem om een keer om die Son te beweeg?
Een jaar.
INSTRUKSIE (Deel Twee):
VRAE:
Watter deel van die model verteenwoordig die Son?
Die twee leerlinge saam.
Watter deel van die model verteenwoordig die planeet Aarde?
Die eerste bal op die 5-meter tou.
Watter deel verteenwoordig die planeet Venus?
Die tweede bal op die 3-meter tou.
Een jaar.
Die planeet Aarde wentel om die Son in 365.25 dae en ons noem dit een jaar. Soos die Aarde in nuwe posisies om die son beweeg, kry ons vier seisoene: somer, herfs, winter en lente, en daarna is dit weer somer.
In die Ruimte, beweeg die Aarde aanhoudend om die Son teen meer as 100 000 kilometer elke uur. Daar is egter geen tou wat die Aarde vashou nie, so wat laat dit aanhou beweeg?
Die swaartekrag trek die Son en Aarde nader aan mekaar.
Daar is geen tou in die Ruimte tussen die Aarde en die Son nie! Die Aarde sou kon weg beweeg van die son, maar die Son hou die Aarde gevange met 'n baie groter swaartekrag. Die Son trek die Aarde aan en die Aarde trek die Son aan met swaartekrag. Die aantrekkingskrag is so sterk dat dit werk oor 'n afstand van 150 miljoen kilometer! Soos die tou, hou die swaartekrag die Aarde in sy wentelbaan om die Son jaar na jaar.
Dit geld dieselfde vir die ander planete. Die swaartekrag trek die planeet Neptunus in sy wentelbaan selfs al is Neptunus 30 keer verder weg van die Son as wat die Aarde is.
In die model van die vorige aktiwiteit, wat verteenwoordig die tou?
Die tou verteenwoordig die swaartekrag tussen die Son en 'n planeet.
Die vier binneplanete is rotsagtig.
Kyk weer na die prent hier onder van die Sonnestelsel. Die 4 planete naaste aan die Son word die binneplanete van die Sonnestelsel genoem. Hulle bestaan almal uit rots: sommige van hulle het 'n dun laag gas om die buitekant. Die Aarde het 'n baie dun laag van water en grond ook.
Die volgende voorstelling wys ons hoe die kern van elk van die rotsagtige planete lyk. Die kern is die binneste deel van die planeet en dit is gemaak van verskilende lae.
Gee die name van die vier rotsagtige binneplanete deur na die prente hier bo te kyk.
Die leerlinge moet dit uitwerk vanaf die figuur. Die vaardigheid is om die prent hier onder en die teks hierbo te interpreteer. Mercurius, Venus, Aarde, Mars.
kors, mantel, kern.
Die vier buiteplanete is gasreuse.
Die planete is baie ver van die Son. Hulle het nie 'n harde oppervlak waarop 'n ruimtetuig op kan land nie. Hulle is reuse balle van baie koue gasse. Sterrekundiges dink dat hierdie planete warm, soliede kerne diep binnekant.
Die volgende figuur wys ons hoe die binnekant van die gasreus lyk. Daar is ook verskillende lae van gasse.
Gee die name van die vier buite, gas planete deur na die prente hierbo te kyk..
Die leerders moet vanaf die prent werk. Jupiter, Saturnus, Uranus en Neptinus.
Gee die naam van een van die gasse waaruit die gasplanete uit opgebou is.
Waterstof, helium of metaan.
Kom ons kyk nou dieper na elkeen van die planete.
Mercurius is die naaste aan die Son, en die kleinste planeet. Dit het geen atmosfeer en sy grys oppervlak is oortrek met duisende kraters. 'n Krater is die merk wat ons sien waar 'n rots met die planeet of 'n maan gebots het.
Venus is die tweede naaste aan die Son. Dit is amper dieselfde grootte as die Aarde. Vir ons lyk dit wit en skyn baie helder in die aande of vroeg oggend.
Venus skyn helder soos dit omdat dit bedek is met 'n dik wolk van gas. Dit sal aaklig wees om asem te haal in Venus se atmosfeer, aangesien dit hoofsaaklik uit koolstofdioksied en swawelsuur bestaan! Die atmosfeer absorbeer baie hitte van die Son en koel nie gedurende die nag af nie. Venus is die warmste planeet in ons sonnestelsel.
By watter temperatuur kook water?
100 grade celsius.
Sink smelt by om en by 420°C, so hoe sal Sink lyk op die oppervlakte van Venus?
Dit sal 'n vloeistof wees.
Dan bereik ons Aarde - die blou planeet, ons huis in die Ruimte. Jy weet alreeds baie van die Aarde. Die Aarde het sy eie Maan wat ons baie goed ken. Die Maan beweeg in sy wentelbaan om die Aarde.
Die volgende in die ry Mars, die rooi planeet. Baie ruimtetuie is al na Mars gestuur om foto's te neem en sommige van hulle het geland om monsters te neem van die grond. Ons weet dus baie van Mars.
Ons leer 'n bietjie meer van Mars, aangesien die leerlinge moet soek vir inligting wanneer hulle 'n gevallestudie oor die Mars rover in eenheid 4.
Mars benodig amper twee Aarde jare om een keer in sy wentelbaan om die Son te beweeg, so as jy op Mars bly, sal jy moet baie lank wag vir jou verjaardag. Mars draai ook om sy eie as en 'n dag op Mars is min of meer dieselfde lengte as 'n dag op Aarde. 'n Dag op Mars word 'n sol genoem.
Die planeet is verder van die Son as die Aarde, en om die rede is dit baie koud. Dit het 'n dun atmosveer, maar dit is meestal die gas koolstofdioksied. Mense kan nie asemhaal in daardie atmosfeer nie.
Die oppervlakte is meestal sand en rotse. Die sand is vol ysteroksied wat dieselfe stof is as die rooi-oranje roes. Vanaf die Aarde sien ons Mars as 'n klein rooi-oranje kolletjie in die lug as gevolg van die kleur van die grond.
Daar is 'n paar baie groot valleie op Mars. Vallei word deur erosie gevorm wanneer water teen 'n heuwel afvloei, ons kan dus make an inference dat daar lank terug baie water op die planeet was. As daar water was, was daar dalk ander lewende dinge ook op Mars. Ons kan nie seker wees nie. Wetenskaplikes het nog 'n ruimtetuig gestuur om die rots en sand te ondersoek. Die ruimtetuig word Curiosity genoem en sal probeer om enige tekens van lewende dinge in die grond te vind.
Mars is kleiner as die aarde en as jy soontoe sou gaan sou jou gewig slegs 1/3 van jou gewig op die aarde wees.
As jou massa op die aarde 40kg is, weeg jy 400 newtons (N). Wat sal jy weeg as jy Mars toe gaan?
400 newtons / 3 = 152 N. Die antwoord is dus 152N. Wys hierdie berekening op die bord en verduidelik hoe om dit te doen.
Sal jy swaarder of ligter voel op Mars?
Baie ligter.
Ons het nou baie ver van die son af gegaan, 5 keer verder as wat die aarde van die son is. Ons kan nou die gasreuse begin sien - die vier buiteplanete. Die gasreuse het nie 'n soliede oppervlak waarop ons kon land nie. Hulle is reuse gasballe en as ons naby sou kom, sou ons deur die wolk koue gasse kon vlieg.
Jupiter is die eerste gasreus waarby ons kom en is die grootste van al die planete. Van die aarde af lyk dit helder wit, maar as jy nader kom is dit eintlik 'n pienk-bruin kleur. Dit is baie groter as al die ander planete saam.
Jupiter is 'n groot bal gasse soos waterstof met ammoniakwolke. Winde waai van oos na wes op die oppervlak en waai teen die spoed van straalvliegtuie. Die oppervlak is baie koud en van die gasse is so koud dat hulle vloeistowwe of vastestowwe word.
Diep binne-in mag Jupiter 'n warm rotskern hê. Jupiter het 4 groot mane, en 60 kleiner mane.
As ons nou nog verder die ruimte invaar, dubbel die afstand wat ons gereis het om by Jupiter te kom, kry ons die planeet Saturnus. Saturnus is amper net so groot soos Jupiter, maar het 'n ligte geel kleur. Dit is meestal gas en het 'n rotskring wat uitsprei en om dit draai. Saturnus het 62 mane.
Daarna kry ons Uranus, 'n gladde blougroen gasbal met amper geen merke en vorms wat ons kan sien nie. Dit het meer as 25 mane.
Ons is nou 30 maal verder van die son as wat die aarde is en ons sien die laaste planeet, Neptunus. Neptunus is ook 'n gasbal en lyk soos Uranus. Dit het omtrent 12 mane, moontlik meer. Neptunus het 'n baie "stormagtige" oppervlakte. Beelde van die planeet wys gereeld groot storms en winde.
Die volgende aktiwiteit toets begripsvaardighede. Dit is 'n goeie idee om saam deur die teks te lees en dan leerders toe te laat om dit self weer te lees en die antwoorde te soek.
INSTRUKSIES:
VRAE:
Noem al die planete in volgorde van die een wat naaste aan die son is.
Mercurius, Venus, Aarde, Mars, Jupiter, Saturnus, Neptunus, Uranus
Wat word die 4 binneste planete genoem?
Die rotsagtige binne-planete.
Wat word die 4 buitenste planete genoem?
Die gasreuse.
Watter planeet is die warmste?
Venus
Op watter planeet dink wetenskaplikes was daar lank terug water?
Op Mars, omdat daar valleie op die oppervlakte is wat lyk of hulle deur watererosie gemaak is.
Watter planeet het 'n "stormagtige" oppervlakte?
Neptunus
Venus het nes die aarde 'n atmosfeer, maar ons sal nie daar kan asemhaal nie. Uit watter gasse bestaan Venus se atmosfeer?
Koolstofdioksied en swaelsuur
Hier onder is 'n voorstelling van die temperature van die planete. Mercurius is die naaste aan die son, maar Venus is eintlik warmer as Mercurius. Dit is omdat die digte atmosfeer van Venus soos 'n kweekhuis werk en die son se energie in sy atmosfeer vasvang. Gebruik die beeld om die temperatuur van die aarde, Jupiter en Neptunus neer te skryf.
Aarde: 15C
Jupiter: -110C
Neptunus: -200C
Jupiter, pienk-bruin
Watter planeet is blougroen?
Uranus
Saturnus het ringe om dit. Waarvan word die ringe gemaak?
Teken 'n prent van Saturnus in die spasie hier onder.
Wat 'n vreemde woord - asteroïde! Het jy al voorheen die woord gehoor? Miskien toe ons die asteroïde gordel genoem het,né?
Asteroïdes is stukke rots van planete wat lank terug opgebreek het. Sommige van die stukke is groter as 'n skoolgebou en sommige is maar so groot soos klein klippe. Hulle wentel om die son en beweeg baie vinnig. Party van hulle beweeg teen 25 kilometer per sekonde. Dit is vinniger as 'n koeël.
Die asteroïdes het in 'n kring in die sonnestelse versamel. Hierdie kring word die asteroïde gordel.
INSTRUKSIES:
Gebruik van hierdie woorde
|
Asteroïdes is _____ _____ om die son beweeg. Die asteroïde gordel is in die ruimte tussen die wentelbaan van _____ en die wentelbaan van _____.
Stukke rots, in 'n wentelbaan, Mars, Jupiter.
In 1973 was Pioneer 10 die eerste ruimtetuig wat na Jupiter gereis het. Om daar te kom moes Pioneer 10 deur die asteroïde gordel reis. Onthou jy hoe vinnig asteroïdes beweeg? As 'n asteroïde Pioneer 10 sou tref, sou die ruimtetuig vernietig word en flenters geslaan wees. Die ruimte is egter 'n reuse plek en die asteroïdes is gewoonlik ver van mekaar af. Pioneer 10 het veilig aan die anderkant uitgekom om die eerste naby foto's van Jupiter te neem.
Jy het in die afdeling oor planete geleer dat ander planete mane het.
Kom ons begin by die aarde se maan. Jy het oor die aarde se maan geleer in Gr 4. Wat weet ons al reeds van die aarde se maan?
VRAE:
Kan die maan sy eie lig genereer? Verduidelik hoe die maan in die aand vir ons lig gee.
Die maan het nie energie soos die sterre om sy eie lig te maak nie. Die maan is soos 'n wit muur wat lig weerkaats van die son en die aarde in die aand lig gee.
Kan ons die maan in die dag sien?
ja, party dae. As jou leerders onseker is, moet hulle nie die antwoord gee nie, laat hulle daaroor debateer en stem. Hulle moet dan ooreenkokm om te gaan observeer. Hulle mag dalk elke dag vir omtrent twee weke moet kyk voor hulle dit sien.
Lyk die volmaan groter wanneer dit teen aandete opkom en kleiner wanneer dit hoog in die lug is?
As hulle hieroor verskil, sê hulle moet 'n ondersoek doen - kyk hier ondder.
Waarom lyk die maan soms soos by letter D en soms soos by letter C?
Ons sien net die deel van die maan waarop die son skyn. Hulle het dit in hul graad 4 werkboek geleer.
Is dit makliker om die sterre te sien wanneer dit volmaan is of op 'n ander aand?
Jupiter: -110C
Waarom sien ons soms dat die nuwe maan soos in die volgende foto lyk? Die son is amper agter die maan, so waarvandaan kom die lig?
Die lig op die maan kom van die aarde; die aarde reflekteer die son se lig.
INSTRUKSIES:
VRAE:
Skryf al die verskille wat jy tussen die aarde en die maan sien neer.
Grootte: die aarde is groter as die maan; die maan het kraters, mens sien nie kraters op die aarde nie.
Die aarde het water in die seë, die maan nie. Die aarde het areas waar daar groenigheid groei - niks groei op die maan nie. Daar is wolke op die aarde, nie op die maan nie.
Skryf 'n paar verskille neer waarvan jy weet, al kan jy hulle nie op die foto's sien nie.
Die aarde het plante en diere, die maan nie. Die aarde het 'n atmosfeer, die maan nie. Die maan raak baie warm en baie koud; die aarde se temperatuur bly binne die perke waar dinge kan oorleef. Jy is swaarder op die aarde as op die maan.
Baie mense sê dat die volmaan groter lyk as dit net na sonsonder opkom, en dan later die aand kleiner lyk. Is dit waar? Kom ons doen 'n ondersoek om uit te vind.
Vir hierdie ondersoek het jy 'n volmaan nodig. Kom terug en vertel later die maand vir jou klas as jy moet wag vir 'n volmaan. Gaan solank met die res van die inhoud aan.
DOELSTELLING (Wat jy wil uitvind):
HIPOTESE (Wat jy dink sal gebeur):
APPARAAT
METODE:
Die arm is deel van die meetinstrument, omdat dit 'n onveranderlike lengte het. As die kind sy hand nader aan sy gesig bring, sal die V-vormige meetinstrument 'n kleiner lesing gee.
RESULATATE EN OBSERVASIES
Wydte van die maan toe dit aan die bome geraak het: _____
Wydte van die maan toe dit hoog in die lug was _____.
Hoe kon jy die ondersoek beter gedoen het?
Meeste van jou leerders sou vind dat die afmetings dieselfde is. Party leerders kon 'n fout gemaak het en sou sê dat die hoë maan kleiner was. Jy kan jou leerders vra om hulle hande op te steek as hulle gevind het dat die afmetings "dieselfde was om 6:00 pm en 8:00pm" Ons kan egter nie in die wetenskap idees toets deur die meerderheidstem nie. In die wetenskap kan net een noukeurige ondersoek die meerderheid se opinie omvergooi. As ander mense die idee kan ondersoek en dieselfde afmetings kry kan die idee verander en bevestig word. Jy kan die klas vra om vanaand weer die ondersoek te doen. Die maan sal nog vol wees, maar sal omtrent 50 minute later opkom.
GEVOLGTREKKING (Wat jy geleer het):
Skryf 'n gevolgtrekking oor wat jy uit die ondersoek geleer het.
Hulle moet leer dat ons in die wetenskap idees wil toets om uit te vind of hulle waar is of nie. As ons goed meet, kan ons soms meer verseker wees van die waarheid.
Die maan het 'n ligte grys oppervlakte met donker grys merke op. Niemand het geweet hoe die oppervlak was totdat 'n ruimtetuig op die maan geland het nie. Die eerste ruimtevaarders wat op die maan geloop het, het in die fyn poeierige stof getrap. Hulle het rotmonsters (klein stukkies) versamel en terug aarde toe gebrin.
Die oppervlakte van die maan is bedek met gate wat kraters genoem word. Kraters word deur ruimte-rotse wat die maan tref gevorm. Hierdie klippe kan so klein soos 'n sandkorrel of so groot soos 'n huis weees. Hulle beweeg so vinnig dat hulle ontplof wanneer hulle die maan tref.
Die ligkleurige areas op die maan is berge, en die donkerder areas is die vlaktes. Sommige van die vlaktes is deur groot ruimterotse gemaak wat kraters van 300km wyd gemaak het. Ander vlaktes is deur vulkane wat baie lank terug op die maan was gemaak. Lawa* het uit die vulkane gevloei. Vandag het die maan nie vulkane nie.
Die maan het geen lug nie, daarom kan daar nie wind wees wat die stof waai nie. Die maan het geen water nie, daarom is daar nie reën wat die grond kan wegspoel en erosie kan veroorsaak nie. Dit is waarom ons die kraters op die maan so duidelik kan sien.
Ander planete het ook mane. Hier onder is 'n beeld wat van die mane in ons sonnestelsel wys. Nie al die mane word hier gewys nie. Hulle is op skaal kleiner gemaak om die regte groottes in vergelyking met die aarde en die maan te wees.
Mars het twee mane en astronome noem hulle Deimos en Phobos. Phobos het diep kraters wat wys dat hulle ook deur rotse wat baie vinnig beweeg getref is. Kan jy sien hoe klein hierdie mane in vergelyking met ons maan is?
Jupiter het weer 66 mane wat ons al identifiseer het. Elke keer wat mense ruimte toe is om Jupiter te verken, ontdek hulle nog mane. Net 4 van Jupiter se grootste mane word hier onder gewys.
INSTRUKSIES:
VRAE:
Hoeveel mane het die aarde?
Een
Wat word Mars se mane genoem?
Phobos en Deimons.
Skryf die name van Jupiter se mane neer.
Io, Europa, Ganymede of Callisto.
Pluto is nie eintlik meer 'n planeet nie, maar is as 'n dwergplaneet geklassifiseer. Pluto het 3 mane. Hoeveel van Pluto se mane is in die prent hier onder?
Een
Hier is twee planete wat nie gelys is nie, aangesien hulle nie mane het nie. Watter twee planete is hierdie?
Mercurius en Venus
Wat is Saturnus se grootste maan se naam?
Titan
Sterre |
Planete |
Sterre is warm gasballe wat lig en hitte afgee. |
Planete maak nie hul eie lig nie, hulle reflekteer lig van die son. |
Ons kan duisende miljoene sterre met 'n teleskoop sien. |
Ons kan net 7 planete in ons sonnestelsel sien. |
Sterre is baie, baie ver van ons af. |
Planete is nie so ver soos sterre nie. |
Sterre wentel nie om ons son nie. |
Planete wentel om die son. |
Die sterre lyk of hulle altyd dieselfde afstand van mekaar bly. |
Planete verander elke nag hul posisie in vergelyk ing met die posisie van die sterre. |
Kies uit hierdie sinne:
As jy Venus moes kry, waar sou jy soek. Wanneer sou jy soek?
In die weste net na sonsonder. Mens kan dit soms in die ogggend sien, maar dan moet jy na die ooste kyk met sonsopkoms.
Mense noem Venus die oggend- of aandster. Verduidelik waarom Venus nie 'n ster is nie.
Venus het 7:00 pm elke aand en elke oggen met sonsopkoms'n ander posisie
The solar system is // the Sun. // The Sun and all the planets // a set of parts that // pull on each other. // the planets move around // pull on each other as
Die sonnestelsel is 'n stel dele wat mekaar aantrek. Die son en al die planete trek mekaar aan aangesien die planet om die son beweeg.
Wat het die kraters op die oppervlak van die maan veroorsaak?
Rotse wat deur die ruimte beweeg word meteroides genoem. Hulle het teen die maan gebots teen 'n baie hoe spoed.
Die oppervlak van die maan het baie krater maar die aarde se oppervlakte het min. Verduidelik waarom dit so is.
(a) Die maan het nie 'n atmosfeer wat dit beskerm nie. Die aarde het 'n atmosfeer sodat meeste van die rotse van die ruimte uitbrand voor die die grond bereik. (b) Die aarde is soos die maan deur meteroides getref, maar erosie het die kraters so verweer dat ons hulle nie meer sien nie.
Neil Armstrong was die eerste man wat sy voete op die maan gesit het. Sy voetspoor is na 40 jaar nog steeds daar. 'n Voetspoor op die aarde hou nie so lank nie. Verduidelik waarom dit so lank op die maan hou.
Die maan het nie reen of wind wat die voetspoor kan verwyder nie.
Dit is 'n uitdaging vir jou leerders. Hulle sal nie gewoond wees aan met baie groot syfers werk nie. Hulle sal seker sakrekenaars nodig hê. Hulle ken egter die antwoord wat hulle behoort te kry.